Geskiedenis moet nie 'n werktuig vir verdagmakery wees
Geskiedenis moet nie 'n werktuig vir verdagmakery wees

Geskiedenis moet nie 'n werktuig vir verdagmakery wees

Mandy Rittmann
GESKIEDENISFUNDI SKRYF:

U berig "Katjavivi vra gedenksentrum" in Republikein van Vrydag 10 Maart 2017 het betrekking.

Prof. Peter Kajivivi, die gedagte wat u geopper het, het beslis meriete. My vraag aan u is: Waarom wil u slegs die geskiedenis vanaf die ontstaan van die koloniale tydperk af dokumenteer vir die nageslag? Of weet u dalk nie van die geskiedenis voordat die Duitse regering hier aangeland het nie, en u weet seker ook nie om watter rede die Duitsers toentertyd hier ingetree het nie?

In 'n neutedop: Jonker Afrikaner en sy mense (Afrikaners genoem) het oor die Oranjerivier vanaf die Unie van Suid-Afrika gekom met 'n losprys van een duisend pond op sy kop vir moord en roof en plundering op Engelse grondgebied. Hy het hom eers naby Rehoboth gevestig en onmiddellik begin om die inheemse Nama-stamme aan te val, hulle voor die voet te vermoor en hulle besittings te roof.

Dit was so erg dat die vroulike Nama-opperhoof in die Kuisebgebied, ene Games, 'n boodskapper na Jonker gestuur het en gesmeek het dat hulle swaar kry en dat die Herero's hulle aanval en hulle beeste roof. Ons weet ook uit die geskiedenis dat Jonker Afrikaner die Herero's en alle ander Nama-stamme wat in sy pad gekom het wreedaardig vermoor en duisende stuks vee van hulle geroof het. Nee prof, hulle het nie oorlog gemaak nie. Die Namas en die Herero's is elke keer verras deur Jonker se aanvalle. Hy het selfs 'n hele kraal met honderde slapende Herero's daarin aan die brand gesteek en mense wat nogtans uitgebreek het, is voor die voet geskiet en andere se oë is uitgesteek.

Weet u tydens hierdie gebeure het die ondekkingsreisiger Alexander besef dat die Nama- en Herero-volke feitlik uitgeroei kan word deur die Afrikaners en het hy by sy terugkoms in die Kaapkolonie die owerhede aldaar oortuig om sendelinge te stuur om die saak te probeer beredder.

Jonker Afrikaner en sy gevolg het op daardie stadium alreeds in Windhoek nesgemaak en Jonker was baie dankbaar vir die koms van die Rynse sendelinge.

Verskeie van die Rynse, en ook van die Wesleyaanse sendelinge wat later gekom het, het vir Jonker oortuig om vrede te sluit met die Herero's en dit het ook gebeur. Egter ook maar net vir 'n wyle, toe breek Jonker asook van die Herero's weer die vredesverdrag en begin maar weer moor en roof. Selfs die Rynse kerke is aangeval en sendelinge vermoor.

Kom ons stap af van daardie gedeelte en dan kyk ons wie toe aan bewind gekom het. Niemand anders as Hendrik Witbooi nie. Presies dieselfde het gebeur. Mense is sonder persoon des aansiens vermoor - en kleine kindertjies (nageslagte) is gruwelik vermoor.

En hier het die Duitse owerheid in daardie tyd besef dit is nodeloos om met die Namas en die Herero's vrede te probeer sluit en hulle moes noodgedwonge optree. U weet tog seker wat gebeur het? Ja, u is reg, die Duitse soldate is ook aangeval en baie het gesneuwel.

Dit wat ek nou hierbo genoem het ('n druppel in die emmer) is beslis geskiedenis wat aanleiding gegee het tot verdere wreedhede, en ek is oortuig dat meer as 90% van die huidige geslag mense wat hier woon geensins bewus is van hierdie wreedhede wat plaasgevind het nie.

Maak tog seker dat ons die geskiedenis baie goed navors ten einde die doel van 'n gedenksentrum te bereik en moet asseblief nie met 'n onnodige verdagmakery begin nie.

Ter afsluiting: Die eintlike mense wat amptelik verskoning moet aanteken is die Engelse. Hulle het links en regs wapens aan die Afrikaners, Namas en Herero's verskaf om mekaar uit te moor.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!