Geskiedenis versier sinkhuis op Maltahöhe
Tanja Bause – In Blikkiesdorp op Maltahöhe staan mnr. Linus Namaseb se sinkhuis.
Namaseb het die huis, met sy versierde dak, in 1986 gebou.
Hy is op Okambahe gebore en het die destydse administrasie in Windhoek en Okahandja help paaie bou.
Namaseb is toe in 1986 na Maltahöhe verplaas.
Daar het hy vir Oupa Danie Sepae op die plaas Daweb ontmoet.
“Hy het my van Maltahöhe se geskiedenis vertel. Van hoe die mense gewere en soldaathelms ná die oorlog op verskeie plase begrawe het. Hy het my vertel van die voertuig wat room by plase gaan oplaai en vervoer het. Hier was baie koeie in die omgewing,” het Namaseb gesê.
Hy vertel hy het op een van die plase gewerk waar wapens versteek is.
“Die rivier het afgekom en ek het in die veld gaan stap om die gewere te gaan soek. Ek het twee geweerlope opgetel. Ek het hulle huis toe geneem, skoongemaak en die houtkolf gebou en vasgemaak,” het hy gesê.
In dieselfde rivier het hy ook ’n soldaathelm opgetel.
“Ek het ’n klip wat soos ’n mens se kop lyk, ook in die veld opgetel. Ek het dit gesien en gedink dis dalk die soldaat se kop.”
Namaseb het ’n koei se kopbeen in die veld opgetel, asook die buffer van ’n voertuig soortgelyk aan die voertuig wat room opgelaai het.
Oupa het hom ook vertel van ’n klok wat op die plaas gelui is sodat die werkers weet dis opstaantyd.
Só ’n klok is ook deel van die geskiedkundige skatte wat sy huis versier.
“Mense het kole onder die klok gesit en die rook het die klok laat lui wanneer dit opstaantyd was. Ek het self kole onder die klok gesit en dit het gelui. Dit klok werk nog ná al die jare,” het hy gesê.
’n Ou koolstoof is ook deel van sy versameling en staan in die huis.
“Ek het die koolstoof anderkant die Vingerklip by iemand gekry. Al die ander goed het ek in die Maltahöhe-omgewing gevind.”
Namaseb skraap steeds grondpaaie - deesdae tussen Helmeringhausen, Bethanie en Aus.
“My twee kinders woon nou in die huis op Maltahöhe. Ek het ná my eerste vrou se dood Bethanie toe getrek en ’n nuwe vrou ontmoet. Ek woon nou op Bethanie en baie van my ou goed is hier by my huis omdat ek bang is die kinders sal dit verniel,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie