Geskut wat nie ontplof: Twee mense sterf jaarliks
Die ministerie van verdediging sê die regering het alles in sy vermoë gedoen om bekende landmynvelde op te ruim, maar erken ‘n ongekende aantal onstabiele ploftoestelle kan nog rondlê.
Elvira Hattingh – Hoewel Namibië 'n ondertekenaar van 1997 se internasionale verdrag teen landmyne is, waarvolgens die land teen Maart 2009 landmynvry moes wees, sê die ministerie van verdediging hulle kan nie aan Namibiërs die versekering gee dat geen geskut in algemene gebiede lê wat nog nie ontplof het nie.
“Ons glo ‘n onbekende aantal geïsoleerde, verspreide landmyne en ononplofte geskut kan nog in Namibië gevind word – veral in die noordelike dele van die land,” het die ministerie van verdediging se woordvoerder, maj. Petrus Shilumbu, aan Republikein gesê.
Terselfdertyd meen oudlede van die Suid-Afrikaanse Weermag dit is ‘n bykans onbegonne taak om al hierdie sogenaamde “dowerd”-ammunisie op te ruim.
“Dowerds” is die term wat gebruik word vir ammunisie wat geskiet is, maar nie noodwendig ontplof het nie.
Dié reaksie volg op navrae van Republikein nadat drie teenpersoneellandmyne vroeër vandeesmaand deur die Namibiese polisie (Nampol) se springstofeenheid in die Ruacana-kiesafdeling onder ’n NamPower-kragdraad onskadelik gestel is.
NAMPOL-STATISTIEKE
Terselfdertyd het Nampol bevestig 13 mense is in die afgelope nege jaar landswyd dood en 38 is beseer weens onontplofte geskut, hoewel geen sterftes as gevolg van spesifiek landmyne in die afgelope vyf jaar voorgekom het nie.
Nampol sê verder gemiddeld twee mense sterf jaarliks en vyf word deur dié geskut beseer, wat oorblyfsels van die Namibiese vryheidstryd blyk te wees.
Hoofinsp. Kauna Shikwambi het aan Republikein gesê Nampol het sedert sy ontstaan landswyd reeds duisende toestelle onskadelik gestel.
“Die polisie gaan voort om bewustheid oor ploftoestelle te skep en die publiek daarvan bewus te maak – veral in dele van die land wat die kwaaiste geraak word. Tydens geleenthede soos gemeenskapsvergaderings en skoue waarsku ons die publiek teen ploftoestelle met ons Don’t touch it, Report it-veldtog.”
‘ONBEGONNE TAAK’
‘n Oudsersant en infanterie-inspekteur, wat destyds ‘n Suid-Afrikaanse Weermag(SADF)-troep in noordelike Namibië was en op voorwaarde van anonimiteit met Republikein gepraat het, sê na sy mening is dit ’n bykans onbegonne taak om die land heeltemal vry te maak van geskut wat nog nie ontplof het nie.
“Veral rondom ou bassisse kan ‘dowerds’ rondlê, wat deel van ‘n vuurplan was of in oefensessies gebruik is. Veral sekere mortiere en geweergranate was geneig om soms nie te ontplof nie.”
“Tydens byvoorbeeld oefensessies is baie ou ammunisie soos mortiere met mortierpype weggeskiet. Niemand het gekyk waar dit geval het en óf dit wel ontplof het nie. Boonop het die mortiere drie of vier kilogram geweeg, wat beteken dit val in die sagte sand in.
“Daar sal vir nog ‘n honderd jaar sulke goed rondlê.
“Die ‘dowerds’ kan vir jare só lê en nie ontplof nie, selfs al beweeg vee daar verby. Dit is egter onstabiel en lewensgevaarlik en ook geneig om te ontplof sodra dit hanteer word. Dit is noodsaaklik dat mense geensins aan onontplofte geskut raak nie en dit aanmeld.
“Ek dink egter nie dit is regverdig om die regering te verkwalik daarvoor dat hulle nie al hierdie geskut kon opspoor en onskadelik kon stel nie,” het hy gesê.
VERDRAG
Volgens die Landmynmonitor het Namibiese amptenare gesê niks meer as 4 000 teenpersoneellandmyne is in die bekende mynvelde in die noorde van Namibië oor nie, maar die Verenigde Nasies (VN) meen sowat 50 000 landmyne kan moontlik nog in Namibië verspreid lê.
Op ‘n vraag aan die ministerie van verdediging of Namibië die internasionale verdrag teen landmyne bevredigend kon nakom, het Shilumbu gesê die regering het alles in hul vermoë gedoen om seker te maak bekende landmynvelde is opgeruim.
Hy het ook gesê die Namibiese Weermag (NDF) het reeds verskeie suksesvolle opruim-aksies vir spesifiek landmyne van stapel gestuur.
“Die kabinet het dit aan die weermag toevertrou om ‘n oplossing te vind. ‘n Aantal landmyne, asook ander geskut wat nog nie ontplof het nie, is opgeruim en verwoes.
“Dit is gedoen om onskuldige mense te beskerm wat in die noorde van die land woon, waar die oorlog om onafhanklikheid tussen die SADF- en PLAN-magte gevoer is,” het Shilumbu gesê.
Op die vraag of die ministerie kan bevestig dat hulle minstens 95% van alle oorblywende ploftoestelle opgeruim het, het hy gesê dit is nie moontlik nie.
“Dit is baie moeilik om te sê die NDF het byvoorbeeld 95% van al hierdie geskut opgeruim omdat ‘n mens nie kan sien wat onder die grond lê nie.
“Tog het ons verskeie pogings saam met ander belangegroepe aangewend om bekende en gemerkte landmynvelde op Ruacana, die Hurricane-basis, Omahenene, Outapi, Okalongo, Etale, Ohangwena, Oshikango en Eenhana skoon te maak,” het hy gesê.
Shilumbu het die publiek daaraan herinner dat landmyne dodelik is en dat mense nie daaraan moet raak nie, maar dit moet rapporteer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie