Geslagsgeweld eis glo nu00f3g twee
Geslagsgeweld eis glo nu00f3g twee

Geslagsgeweld eis glo nóg twee

Twee vroue is die afgelope naweek vermoedelik deur hul kêrels vermoor.

Me. Hanguwo Mwateuvi (36) is Sondag omstreeks 18:30 na bewering deur haar 54-jarige kêrel op Kuisebmond vermoor.

Volgens die polisie se misdaadverslag het hy haar glo in hul sinkhuis keelaf gesny en het sy onmiddellik gesterf.

Die man is in hegtenis geneem.

Saterdag tussen 22:00 en 23:00 is me. Lucina Quimbra (30) glo deur haar kêrel (31) vermoor.

Die voorval het in die Okandjengedi- informele nedersetting op Oshakati plaasgevind. Quimbra en die man het glo van ’n kroeg tot by haar huis loop en baklei.

Haar liggaam is later met oop wonde in die huis gevind.

Die twee het glo saam kinders. Die man het op die vlug geslaan, maar is Sondag in hegtenis geneem.

Verkragting, mesdood

’n Meisie (12) is Donderdag in die Mupini-nedersetting in die Kavango-Wesstreek deur ’n 46-jarige man verkrag. Die man is in hegtenis geneem.

Saterdag om 18:20 is die 28-jarige mnr. Johan Matroos na wat verneem word op Karasburg doodgesteek.

Die oorledene het die 25-jarige verdagte se kind glo geslaan.

Die verdagte het toe na bewering ’n mes gegryp en die slagoffer in die nek gesteek. Die twee mans is glo swaers.

Die verdagte is in hegtenis geneem.

Die lyk van mnr. Andries Vries (65) is Sondag om 16:00 gevind deur ’n voetganger op die grondpad agter die Mariental-begraafplaas wat na die stortingsterrein lei.

Die oorledene is op 28 Augustus in die staatshospitaal op Mariental opgeneem.

Sy familie het hom Saterdag om 19:00 besoek en volgens hulle het hy toe nog in ’n bestendige toestand verkeer.

’n Nadoodse ondersoek sal volg.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!