Gesondheid: 15 praktyke se kontrakte met Psemas opgeskort
Die kontrakte tussen 15 praktyke wat gesondheidsdienste verskaf en die staat se mediese fonds (Psemas) is opgeskort ná ’n voortgesette ondersoek na beweerde ongerymdhede met die uitbetaling van eise.
Nog vier praktyke se kontrakte is beëindig. Volgens me. Julia Ambole van die ministerie van finansies is een geval na die Teenkorrupsiekommissie (ACC) verwys, terwyl nog twee gevalle na die Namibiese polisie verwys is.
Tydens ’n inligtingsessie vandag in Windhoek tussen die ministerie en verskaffers van gesondheidsdienste het Ambole gesê twee diensverskaffers is ook by die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) aangegee.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie