Gesondheidswerkers moontlik blootgestel
Gesondheidswerkers moontlik blootgestel

Gesondheidswerkers moontlik blootgestel

Groep in isolasie geplaas
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Meer as 20 gesondheidswer­kers is in isolasie nadat hulle moontlik aan die corona­virus blootgestel is.

Die gesondheidswerkers sluit leerlingdokters en mediese beamptes in. Hulle word as moontlike ­kontakte van die dokter beskou wat die naweek ­positief as Namibië se sestiende ­Covid-19-geval getoets het.

Die dokter was vir 'n ­werksverwante reis na Suid-Afrika. Sy vrou is ook 'n gesondheidswerker en het in die laaste tyd opleiding by die Windhoek Sentrale Hospitaal gegee. Die gesondheidswerkers en die dokter het ook hier diens verrig.

Volgens die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), mnr. Ben Nangombe, is dit 'n prioriteit om elke persoon wat as 'n kontak van 'n bevestigde geval bestempel word, na te spoor en vir 14 dae in kwarantyn te plaas.

Die kontakte word in drie kategorieë verdeel, naamlik hoë, medium en lae risiko.

“Hulle word gemonitor om te sien of hulle simptome ontwikkel en dan vervolgens getoets,” het Nangombe verduidelik.

Volgens hom is dit nou deel van die toetsing by die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP) om die gevallestudie vir toetse uit te brei dat dit nie meer net betrekking het op persone wat na die buiteland gereis of in kontak was met 'n persoon wat positief vir Covid-19 getoets het nie.

“Persone met respiratoriese infeksies word nou ook getoets, ongeag of hulle in kontak met 'n positiewe persoon was of na die buiteland gereis het.”

Volgens Nangombe werk die taakspan nou aktief daaraan om in gemeenskappe in te gaan en vir mense met simptome te soek.

Volgens hom is dit 'n manier om die werklike omvang van plaaslike oordrag te bepaal.

“As ons die infekteringsprofiel in Namibië kan bepaal, het ons die nodige gids en riglyne om die siekte te kan hanteer.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!