Gesprekke oor Duitse reparasie 'vorder'
Gesprekke oor Duitse reparasie 'vorder'

Gesprekke oor Duitse reparasie 'vorder'

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Die Duitse ambassade sê dié land se gesprekke met Namibië oor versoening word op 'n positiewe manier en in 'n atmosfeer van vertroue gevoer en dat vordering gemaak word.

Oor die inhoud van die ­onderhandelinge en of dit reeds enige reparasiegeld vir Namibië aangebied het, wou die ­ambassade egter niks verklap nie.

Dit volg nadat president Hage Geingob onlangs in die ­Nasionale Vergadering gesê het die regering het 'n aanbod deur die Duitse regering verwerp om €10 miljoen (bykans N$190 miljoen) reparasiegeld aan Namibië vir die Herero/Nama-volksmoord van 1904 te betaal.

Volgens mediaberigte het hy toe gesê die komitee wat namens die Namibiese ­regering met Duitsland hieroor onder­handel, het die aanbod as 'n belediging beskou.

Die woordvoerder van die Duitse ambassade in Windhoek, me. Gundula Perry, het Woensdag aan Republikein gesê die twee spesiale afvaardigings vir die onderhandelinge het tot vertroulikheid ingestem.

“Daarom is die ambassade nie in 'n posisie om inligting bekend te maak oor die inhoud van die ­onderhandelinge of moontlike resultate daarvan nie,” het sy gesê.

Geingob het ook gesê hy is ingelig dat dié onderhandelinge in 'n gevorderde stadium was en dat die Duitse regering maniere uitwerk oor hoe die geraakte ­gemeenskappe vergoed kan word.

Dit volg nadat die Duitse mi­nis­ter Gerd Müller, wat Namibië in September verlede jaar besoek het, ook gesê het die ­onderhandelinge sal “binnekort” afgehandel word. Toe is aangedui daar word nog op Duitsland gewag om oor die ­geldelike aspek van die reparasie te beslis. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!