Gevorderde toetse vir servikale kanker in Zambezi
Gevorderde toetse vir servikale kanker in Zambezi

Gevorderde toetse vir servikale kanker in Zambezi

Dié kanker is een van die algemeenstes onder Namibiese vroue.
Gesondheidsgeriewe op Katima Mulilo en oraloor die land is nou met gevorderde tegnieke toegerus om servikale kanker op te spoor en te voorkom.

Amerika het dit deur middel van die president se noodplan vir vigsverligting (Pepfar) en tegniese ondersteuning van die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en –voorkoming (CDC) bewerkstellig.

Servikale kanker is die tweede algemeenste vrouekanker in Namibië.

Me. Lisa Johnson, Amerikaanse ambassadeur in Namibië, het vroue tydens ‘n besoek aan die Bukalo-gesondheidsentrum in die Zambezistreek aangemoedig om hulle vir servikale kanker te laat toets.

“Vroue in die streek hoef nie meer lang afstande te reis of lang tydperke te wag om hulself te laat toets of om behandeling vir een van die gevaarlikste kankers onder Namibiese vroue te ontvang nie,” het sy gesê.

Johnson was vol lof vir die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se doeltreffende implementering van gevorderde toets- en behandelingsprosedures wat nou op Katima Mulilo en 34 ander gesondheidsgeriewe in Namibië beskikbaar is.

Die toets- en behandelingsprosedure wat in September verlede jaar ingestel is, sorg vir ‘n onmiddellike diagnose en kan bepaal of ‘n vrou kankeragtige selle op haar serviks het.

Die vrou ontvang ook onmiddellik behandeling.

Pepfar het sowat ‘n 100 gesondheidswerkers in Namibië opgelei om die toets- en behandelingsprosedure te kan behartig.

‘n Bykomende 18 gesondheidsorggeriewe oraloor Namibië sal ook in die toekoms toegerus word om die prosedure aan te bied.

Servikale kanker behels die groei van abnormale selle op die serviks. Indien dit nie vroeg genoeg opgespoor en behandel word nie is dit dodelik.

In die laaste 10 jaar het Namibië ‘n toename van sowat 50% in servikale kanker-verwante sterftes gesien.

Bykans alle gevalle van servikale kanker word deur die menslike papiloomvirus (HPV) veroorsaak.

HPV-infektering is algemeen en die meeste seksueel aktiewe mense sal die virus in hul leeftyd opdoen.

Servikale kanker is veral ‘n risiko vir MIV-positiewe vroue. Hulle is vyf keer meer geneig om HPV op te doen, wat tot servikale kanker kan lei.

Die virus is bespeurbaar, voorkombaar en behandelbaar omdat dit stadig ontwikkel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!