• Tuisblad
  • Afrika
  • Gewapende motorfietsryers vermoor polisiebeampte in Egipte
Gewapende motorfietsryers vermoor polisiebeampte in Egipte
Gewapende motorfietsryers vermoor polisiebeampte in Egipte

Gewapende motorfietsryers vermoor polisiebeampte in Egipte

Niemand het nog verantwoordelikheid aanvaar vir die aanval op ‘n polisievoertuig in Egipte nie, maar waarnemers waarsku dat Islamiete lojaal aan die Moslem Broederskap, amok kan maak.
Estelle de Bruyn
Aanvallers op ‘n motorfiets het Dinsdagnag ‘n Egiptiese polisiebeampte noodlottig gewond en ‘n ander een gewond, toe hulle op die polisie se voertuig suid van Kaïro losgebrand het, het veiligheidsbronne gister gesê.

Die aanval het Dinsdagnag in Abshway, ‘n dorp in die Faiyum-gebied ongeveer 120 kilometer van die Egiptiese hoofstad, plaasgevind.

Die speurhoof van Abshway, majoor Mahmud Abdel Alim, is in die aanval gewond en die speurder wat saam met hom in die voertuig was, Yehia Abdel Satar, het later beswyk van twee koeëlwonde aan sy bors, het 'n bron gesê.

Majoor Abdel Alim is na die polisiehospitaal in Kaïro oorgeplaas, waar hy in ‘n kritieke toestand verkeer.

Niemand het nog verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie.

Aanvalle op veiligheidsmagte het aansienlik toegeneem sedert die weermag in Julie 2013 die bewind van Egipte se voormalige Islamitiese president, Mohamed Morsi, omvergewerp het en op Islamiete toegeslaan is.

Ontleders het gewaarsku dat Islamiete wat geaffilieer is aan die Moslem Broederskap, maar nie noodwendig onder hulle beheer is nie, gewelddadige aanvalle sal laat toeneem in die lig van die beperkinge op die Broederskap. - Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!