Gewapende Palestyn skiet drie Israeli's dood
Wesoewer
'n Palestyn het gisteroggend op Israelse veiligheidspersoneel op die Wesoewer losgebrand en drie doodgeskiet en nog een gewond, het die Israelse polisie bekend gemaak.
Die aanval het saamgeval met die besoek van die Amerikaanse gesant Jason Greenblatt aan Jerusalem wat probeer om Midde-Oosterse vredesonderhandelinge weer op koers te kry.
"'n Terroris het saam met Palestynse werkers by die agterste hek van Har Adar aangekom en probeer om die nedersetting binne te gaan. Hy het 'n vuurwapen uitgepluk en op die veiligheidsmagte begin skiet,” het die polisie gesê.
"Die terroris is geneutraliseer,” lui die verklaring deur die polisie. – Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie