Gewapendes val Kaboel wéér aan
Die vlaag van terreur in Afganistan duur voort met die Taliban én IS wat aanvalle van stapel stuur.
Gewapende mans het voor sonop gister ‘n militêre kampong in Kaboel aangeval. Veelvuldige sterftes is aangemeld in die derde groot aanval in dié stad in die afgelope dae.
Die ministerie van verdediging se woordvoerder, Dawlat Waziri, sê minstens vyf soldate is dood en 10 gewond in die aanval waarvoor die Islamitiese Staat-groep (IS) aanspreeklikheid via sy propaganda-afdeling, Amaq, aanvaar het.
"Twee bomaanvallers het hulself opgeblaas en twee is deur ons magte doodgeskiet. Een is lewendig in hegtenis geneem,” het Waziri gesê.
Hy sê Afgaanse magte het beslag op ‘n mortier, twee Kalashinkovs en ‘n selfmoordbomgordel gelê.
Amptenare sê die aanval het plaasgevind by ‘n weermagbataljon naby die Marshal Fahim- militêre akademie waar offisiere met hoë range opgelei word.
Die gewapende mans kon nie toegang tot die versterkte kampong aan die westelike buitewyke van die stad kry nie.
Militante, insluitende die Taliban en IS, het die afgelope maande hul aanvalle op beleërde Afgaanse veiligheidsmagte verskerp.
Dit het die moraal geknou, wat reeds laag was vanweë drostery en korrupsie.
Afgaanse troepe het sedert die internasionale magte aan die einde van 2014 onttrek het, gelei in wat die Verenigde Nasies as “skokkende” voorvalle beskryf het.
Kaboel bly op ‘n hoë gereedheidsgrondslag.
Veiligheidswaarskuwings is aan buitelanders gerig. Hiervolgens beplan IS-militante aanvalle op supermarkte, hotelle en winkels wat gereeld deur buitelanders besoek word.
Verskeie buitelandse organisasies, insluitende humanitêre organisasies, heroorweeg hul operasies ná ‘n besondere dodelike week in die land.
IS-vegters het verlede week Woensdag Save the Children se kantoor in die ooste van Afganistan aangeval.
Vyf mense het in dié aanval gesterf en 26 is gewond. – Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie