Gibraltar sê EU-baas is soos 'bedriegde eggenoot'

Gibraltar se leier het gister na die die president van die Europese Unie (EU) se Raad gekap weens sy voorstelle dat Spanje ná Brexit vetoreg kry oor die bande tussen die Britse enklawe en die EU.
Estelle de Bruyn
Die toekoms van Gibraltar, 'n Britse, oorsese gebied van net meer as 6,7 vierkante kilometer rots aan Spanje se suidelike punt, het vir die eerste dispuut van Brexit gesorg sedert die Britse premier, Theresa May, op 29 Maart amptelik skeidingsdokumente aan die Europese Unie (EU) oorhandig het.

In die EU se konsepposisie oor die uittredingsgesprekke, wat deur Tusk bekend gemaak is, word Gibraltar by die naam genoem. Spanje word ook genoem en sal 'n vetoreg oor enige toekomstige EU-handelsooreenkoms met Brittanje hê.

“Mnr. (Donald) Tusk (die president van die EU), wat die gebruik het om verwysings na egskeidings te maak, tree soos 'n bedriegde eggenoot op wat dit op die kinders uithaal,” het Gibraltar se hoofminister, Fabian Picardo, in 'n onderhoud aan Reuters gesê.

“Hierdie is duidelike Spaanse afknouery.”

Picardo sê die EU behoort die verwysing na Gibraltar, wat oorweldigend gestem het om in die EU te bly, uit die dokumente verwyder.

Terwyl jare se ingewikkelde onderhandelinge voorlê wat triljoene dollar se handel kan beïnvloed, het die Brexit-debat die afgelope dae om die toekoms van die “Rots” gedraai wat in 1704 deur Brittanje verower is en wat Spanje terug wil hê.

Die stryd om Gibraltar illustreer net hoe vinnig Brittanje se invloed sedert die 23 Junie 2016-referendum oor Brexit afgeneem het, in dié geval in Spanje se guns, en hoe kwessies wat deur EU-moondhede was as marginaal beskou word, tot groot komplikasies kan lei.



BREXIT-ROTS?

Ná die eksplisiete verwysing na Spanje en Gibraltar bekend geword het, het May met Picardo gepraat en 'n verklaring uitgereik waarin sy sê Londen staan bankvas by sy verbintenis tot die gebied wat as 'n afsetgebied vir finansies na die EU geposisioneer is en 'n aantreklike belastingtoevlugsoord geword het.

'n Voormalige leier van May se Konserwatiewe Party, Michael Howard, het selfs sover gegaan as om te sê sy moet bereid wees om die voorbeeld te volg van die destydse premier, Margaret Thatcher, wat 35 jaar gelede oorlog teen Argentinië oor die Falkland-eilande verklaar het.

Gibraltar is “tot in ewigheid” in die 1713 Verdrag van Utrecht aan Brittanje afgestaan en is reeds vir lank 'n steen des aanstoots tussen Londen en Madrid.

– Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!