Gimmie sterf in ongeluk
Henriette Lamprecht - ''n Matriekleerling van Windhoek Gimnasium het op die vooraand van haar eindeksamen in ''n motorongeluk in Windhoek gesterf.
Die 18-jarige Dunja von Dewitz is in die vroeë oggendure van Saterdag dood, nadat die voertuig waarin sy ''n passasier was, die pad verlaat en omgeslaan het. Haar kêrel en graad 11-leerling van die Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP), RJ Visser, is ernstig beseer. Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie, inspekteur Slogan Matheus, het die ongeluk omstreeks 01:30 in Mandume Ndemufayo-straat plaasgevind toe die bestuurder van ''n sedanvoertuig beheer oor die motor verloor en dit omgeslaan het. Von Dewitz is op die toneel dood verklaar, terwyl RJ, wat langs die bestuurder gesit het, in ''n kritieke toestand in die Lady Pohamba-hospitaal opgeneem is. Die bestuurder van die voertuig was volgens Matheus nie op die toneel nie. Beweringe was dat hy van die toneel gevlug het.
Von Dewitz en Visser was glo saam met die bestuurder van ''n kuierplek onderweg, toe die bestuurder na bewering beheer oor die voertuig verloor en dit gerol het. Beide Von Dewitz en Visser het na wat verneem word hul veiligheidsgordels aangehad. Visser is onder meer met swelling op die brein en gekraakte ribbe in die hospitaal opgeneem, terwyl sy een long platgeval het. Sy toestand is as kritiek, maar stabiel beskryf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie