Gladiators: Isaacs tydelik in beheer
Sokker
Tielman van Lill
Mnr. Brian Isaacs, gesoute breier en kenner van Namibiese sokker, is as tussentydse afrigter van die Namibiese nasionale vrouespan, die Brave Gladiators, aangestel.
Me. Jacqueline Shipanga wat lank aan die stuur van vrouesokker se afrigting gestaan het, het reeds in 2014 van Isaac se dienste gebruik begin maak toe hy deel van die tegniese span tydens die Cosafa-kampioenskap in Windhoek was.
Shipanga het egter onlangs besluit om as gevolg van werkdruk terug te staan en het vir Isaacs as haar opvolger aanbeveel. Sy sal haar na dese meer op die bestuur- en administratiewe deel van die spel toespits.
“Brian is die beste wat daar is om die vroue vir die komende kampioenskap in Zimbabwe af te rig. Hy het ’n A-lisensie as afrigter en beskik oor jare se ervaring. Ek het hom aanbeveel en staan 100 persent agter hom. Hy is ’n gerespekteerde afrigter wat die regte dissipline en werketiek by die meisies kan inskerp.
“Boonop kom ons ’n langpad saam. Ek kon eenvoudig nie meer by alles uitkom nie en het sekere kriteria begin afskeep,” het Shipanga aan Republikein gesê.
Isaacs se bekendste prestasie as afrigter was om met Black Africa vier opeenvolgende kere die Namibië Premierliga-titel asook die volgende seisoen aan die stuur van Tigers te wen. Hy is ’n gesoute breier wat ook reeds ’n beurt aan die stuur van die senior manspan gehad het. Die koerant kon hom teen druktyd nie vir kommentaar bereik nie.
Zimbabwe bied vanjaar vir die derde keer die Konfederasie van Suidelike Afrika Sokkerverenigings (Cosafa) se kampioenskap vir vroue aan wat aan die einde van Augustus in Bulawayo en Harare afskop en wat tot vroeg in September voortduur.
’n Oefengroep van 27 spelers is saamgestel wat onder die wakende oog van Isaacs afgerig sal word.
Die spelersgroep is:
Doelwagters: Agnes Kauzuu (Tura Magic), Mellisa Matheus (Tura Magic), Lydia Eixas (Windhoek City)
Verdedigers: Uerikondjera Kasaona (Nampol), Ndapewa Katuta (Nampol), Stacey Naris (Unam Bokkies), Esther Amukwaya (Unam Bokkies), Lovisa Mulunga (Tura Magic), Lorraine Jossop (NUST), Veweziwa Kotjipati (Arminia Bielefeld), Lydiana Nanamus (Galz & Goals o.20).
Middelveldspelers: Twelikondjela Amukoto (Nampol), Martina Tjauha (Nampol), Elina Uulumbu (Unam Bokkies), Juliana Skrywer (Tura Magic), Vistoria Shangula (Tura Magic), Juliana Blou (Tura Magic), Thomalina Adams (Tura Magic), Memory Ngonda (Tura Magic).
Voorspelers: Zenatha Coleman (Gintra University), Anna Shikusho (Tura Magic), Sara (Di Maria) Antsino (V Power Angels), Caroline Kaitjizemine (Okakarara).
Isaacs sal deur Bryan van Staden (hulpafrigter) en Heriberth Kapeng (doelwagterafrigter) bygestaan word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie