Gobabis se water gerantsoeneer

Damme in die ooste van die land is nou te leeg om Gobabis van water te voorsien, wat beteken inwoners sal voorts op ‘n boorgatskema moet staatmaak wat in die negentigerjare ontwikkel is.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Gobabis se water is vanaf Vrydag gerantsoeneer, met die munisipaliteit wat die dorp se watertoevoer elke nag tussen 22:00 en 04:00 sal afsluit.

Dit is tot tyd en wyl al die nodige boorgate in volle werking gestel kan word om in die dorp se vraag van sowat 86 000 m3 water per dag te voorsien. Tans is net sowat 16 van 28 boorgate reeds in werking, wat beteken net sowat 44 000 m3 water kan tans daagliks aan die dorp gelewer word.

Die Gobabis-munisipaliteit se woordvoerder, mnr. Frederick Ueitele, het verlede week aan Republikein gesê dit kom nadat NamWater hulle vroeër verwittig het vanaf 24 Desember sal hulle geen water meer van die Otjivero- en Tilda Viljoendam ontvang nie omdat dit te leeg is.

Volgens die jongste damverslag is daar net sowat 5,1% water in die Otjiverodam oor en 5,8% in die Tilda Viljoendam. Gesamentlik hou die twee damme tans sowat 0,574 miljoen kubieke meter (Mm³) water.

Hy sê terwyl die rantsoenering van die water sal net voortduur tot tyd en wyl die ander 12 boorgate in werking is. Hulle hoop dat alle boorgate teen 28 Februarie sal werk, wat beteken dit sal dan ook die laaste dag van die rantsoenering van water vir die dorp wees.

Ueitele sê as al die 28 boorgate in ‘n werkende toestand is, lewer dit genoeg water om in Gobabis se vraag te voldoen. Dit sal dorp ook minstens vir twee jaar aaneen van water kan voorsien.

Dit volg nadat ‘n betroubare bron van NamWater reeds verlede jaar aan Republikein gesê het die ooste van die land is in die knyp wat damvlakke betref omdat die beskikbare water daarin nie genoeg is om die volgende twee reënseisoene te oorbrug nie.

NamWater het toe in Augustus met Gobabis se munisipaliteit vergader om die plan vir die toekoms te bespreek.

Volgens die bron kan die boorgatskema, as dit in volle werking is, voluit en op ‘n volhoubare wyse water aan die Oostedorp voorsien. Sodra Gobabis hoofsaaklik vanuit die boorgate water ontvang, moet waterbesparings ook oorweeg word.

Volgens die bron is al die boorgate nie in produksie nie omdat daar van plaas na plaas gery sou moes word om dit in werking te stel. NamWater het glo besluit om nie dié koste aan te gaan solank daar nog ‘n “goeie” bron van water, soos die damwater, beskikbaar was nie.

Die boorgatskema betaan uit twee groepe boorgate, die eerste is die noordoostelike boorgate, wat noordoos van Gobabis geleë is, asook dié wat in die Swart Nossobrivier geleë is. Al hierdie boorgate is reeds in die negentigerjare ontwikkel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!