Goedkoper stapelvoedsel bring verligting
Verbruikers sal voorts tussen 6 en 12% minder vir sekere van Namib Mills se produkte kan betaal.
Elvira Hattingh - Danksy beter reën in Suid-Afrika oor mielieproduserende gebiede, asook die versterking van die Namibiese dollar (N$) teenoor die Amerikaanse dollar (US$), sal Namibiërs vanaf 7 Februarie minder vir stapelvoedsel soos mieliemeel, koekmeel, mahangu-meel en rys betaal.
Namib Mills se uitvoerende hoof, mnr. Ian Collard, het Vrydag ’n prysvermindering op al hul produkkategorieë aangekondig, afgesien van suiker, waarvan die prys onveranderd sal bly.
Verbruikers sal dus vanaf 7 Februarie minder betaal vir Top Score-mieliemeel (-12%), Bakpro (-6%), Polana-pasta (-6%), Meme Mahangu-meel (-6%) en Rice King (-7%).
Dit is goeie nuus nadat die prys van byvoorbeeld 10 kg Super Top Score-mieliemeel ’n hoogtepunt van N$115,86 in Februarie 2016 bereik het. Voorts sal dit vir N$101,96 deur Namib Mills verkoop word. Die rede vir die sterk prysstyging was die droogte wat Suider-Afrika geteister het en mielieoeste kwaai geknou het.
“Namibië is steeds blootgestel aan die wisselvalligheid van SAFEX-pryse, maar danksy beter reënval heers groter optimisme oor mielieoeste in die SADC-streek. Na verwagting sal mieliepryse nog tot in Junie en Julie vanjaar daal.
“Tans verhandel witmielies teen N$3 500 per ton op Randfontein in Suid-Afrika, vergeleke met verlede jaar Februarie toe dit tot N$5 700 gekos het.
“Die rede hiervoor is dat mielies nou plaaslik beskikbaar is, wat hoë invoerkoste soos vervoer vanaf Amerika uitskakel en vir beter pryse sorg.
“Die prys van Bakpro, Polana-pasta, Rice King en Meme Mahangu daal danksy ons geldeenheid wat met 14% sedert 2016 teenoor die US$ versterk het. Die oorgrote meerderheid van die ru-materiaal vir die vervaardiging van bogenoemde produkte word ingevoer.
“In die geval van Meme Mahangu moes daar ook mahangu vanaf Indië ingevoer word omdat die droogte plaaslik misoeste veroorsaak het. Die prys van Sugar King-suiker bly onveranderd weens Suid-Afrika se invoerheffings,” het Collard gesê.
Hy het daarop gewys dat Namib Mills gedurig prysveranderings na die verbruiker toe deurvoer en ’n korrelasie-koëffisiënt van 95% handhaaf.
“Die rede hoekom die koëffisiënt nie op 100% staan nie, is omdat ons in Januarie verlede jaar nie dadelik die prys vir verbruikers opgestoot het toe die droogte mieliepryse laat styg het nie. Ons wou kosinflasie op ’n minimum vir verbruikers hou.
“Boonop plaas kwessies soos verhoogde elektrisiteit- en watertariewe, verhogings in salarisse, verwagte hoër rentekoerse en hoër belasting deur die regering inflasiedruk op die kosbedryf, wat keer dat ons pryse nog meer kan laat daal,” het Collard gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie