Goeie plantseisoen verwag, maar El Niño bly dreig
Hanlie Stadler – As alles goed gaan, sal Suid-Afrika tot minstens 2020 genoeg mieliemeel en ander somergrane hê.
Volgens Wandile Sihlobo, ekonoom van die landbousakekamer Agbiz, blyk dít uit ’n peiling wat onlangs uitgereik is oor hoeveel hektaar boere van plan is om in die somerreënvalstreke te beplant.
Die positiewe aanname is egter op voorwaarde dat die verwagte El Niño-weerpatroon betreklik swak is en later eerder as vroeg in die somerseisoen plaasvind.
Volgens die Oesskattingskomitee beoog boere om die gebied wat hulle in 2017-’18 se planttyd met somergrane en oliesade wil beplant met 5% tot 4,03 miljoen hektaar te vergroot.
Die plantoppervlakte verhoog vir die meeste somergewasse, met die uitsondering van sonneblomsaad en grondboontjies.
Gunstige pryse vir landbougewasse dryf die plantplanne aan, sê Sihlobo.
Die voornemens vir verskillende gewasse sien as volg daaruit:
· 2,4 miljoen hektaar mielies, 6% meer. Dit is 1,3 miljoen hektaar witmielies en 1,1 miljoen hektaar geelmielies.
· 851 800 hektaar sojabone, 8% meer, wat ’n rekord sal meebring. Sihlobo sê dis ’n aangename verrassing en word aangedryf deur die stygende vraag na dierevoer in die plaaslike mark.
· 575 000 hektaar sonneblomsaad, 4% minder.
Boere in die oostelike en sentrale dele van die land het reeds begin plant ná onlangse reën.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel hoër reënval in die somerreënvalstreke tussen November 2018 en Januarie 2019, wat ook goeie nuus sal wees vir die uiteindelike oes.
Daarna dreig El Niño egter. “Ons is bekommerd oor die potensiële impak daarvan op gewasse, aangesien dit kan saamval met die bestuiwingsfases van sekere gewasse,” sê Sihlobo. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie