Goeie vangste by Myl 8

Hengel
Andrew Poolman
Die vyfde en laaste rots- en strandhengel interklubkompetisie van die jaar is twee naweke gelede by Myl 8 gehou.

Die weer en water het belowend gelyk en 15 klubs was teenwoordig. Die kompetisie-area was vasgestel vanaf die Witklip suid van die ou Pompstasie tot by Myl 14 se suidelike draadgrens.

Eers het gelyk of dit ''n swak hengeldag sou wees, maar eensklaps het die haaie begin byt en het dit ''n uitstekende hengeldag geword.

Die topdrie klubs van die dag: 1 Mako Hengelklub met 1764 punte, 2 Orcz Hengelklub met 1707, 3 Penguin hengelklub met 1687.

Topdrie hengelaars:

1 Johan Visser van Mako Hengelklub, 2 Riaan Tapp van Mako, 3 Werner van Riet van Welwitchia.

Topdrie vrouehengelaars:

1 Jacomien Heath van Steenbras, 2 Julia Hart van Penguin, 3 Veronica Nel van Hentiesbaai.

Topdrie onder 21 hengelaars:

1 Jaco Blaauw van Penguin, 2 Carel Agenbach van Hentiesbaai, 3 Armand Esterhuizen van Skeleton Coast hengelklub.

Topdrie onder 16 hengelaars:

1 Gerard Hough van Skeleton Coast, 2 Rudi Swart (jnr) van Mako, 3 Marck van der Menve van NamibPark.

''n Totaal van 71 eetbare vis en 179 oneetbare vis is tydens die kompetisie aan wal gebring wat op ''n totale gewig van 1 505 kg ingeweeg is.

Alle oneetbare vis is vrygelaat.

Die grootste eetbare vis van 6 kg (kabeljou) is deur Ferdie Roets van NamibPark hengelklub gevang. Die swaarste oneetbare vis was ''n bronshaai van 107 kg, gevang deur Werner van Riet van Welwitchia.

Die Gala-toernooi tussen Suid-Afrika en Namibië vind vanaf 6 tot 8 Desember op Hentiesbaai plaas.

Besoek gerus die vereniging se webtuiste, www.nrsaa.com.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!