u2018Goeie verhoudings kan xenofobie troefu2019
u2018Goeie verhoudings kan xenofobie troefu2019

‘Goeie verhoudings kan xenofobie troef’

'n Nuwe forum is tussen verteenwoordigers van Suid-Afrika en Nigerië gestig om verhoudinge in gemeenskappe te monitor en xenofobiese aanvalle teen te werk.
Ronelle Rademeyer
Die goeie verhouding tussen die openbare verteenwoordigers van Nigerië en Suid-Afrika moet deursyfer na gemeenskappe om vyandigheid daar te verlig, sê Femi Gbajabiamila, leier van die Nigeriese huis van verteenwoordigers.

“Daar is geen probleem in terme van verhoudinge tussen hoëlui nie. Die goeie, hartlike verhouding moet egter deursyfer na die mense wat ons verteenwoordig,” het hy gesê op ’n mediakonferensie in die Suid-Afrikaanse parlement saam met Lechesa Tsenoli, adjunkspeaker van die Nasionale Vergadering (NV).

Dit kom ná samesprekinge tussen die afvaardigings van die twee wetgewers nadat geweld, verwant aan xenofobie, onlangs in dele van Gauteng uitgebreek het en daartoe gelei het dat verskeie huise aan die brand gesteek is.

Gbajabiamila het gesê die stelselmatige aanvalle op buitelanders het gelei tot gemeenskappe wat aandring op weerwraak, maar wat werklik nodig is, is ’n diplomatiese antwoord.

Die twee afvaardigings het ooreengekom dat die twee wetgewers “parlementêre diplomasie” sal ontwikkel en dat gekose verteenwoordigers meer gereeld sal ontmoet.

“Wat ons vandag hier gedoen het, is ’n stap in die regte rigting om die wonde te genees in ’n andersins gesonde verhouding tussen dié twee lande wat die twee sterkste ekonomieë in Afrika verteenwoordig,” het Gbajabiamila gesê.

“Ons het verskeie waarhede gedeel. Albei lande het erken dat inligting met ons mense gedeel moet word sodat die verstandhouding onder mekaar versterk kan word,” het hy gesê en bygevoeg dat dit die eerste keer is dat die twee parlemente oor die kwessie vergader het.

Die Nigeriërs begryp dat die aanvalle nie spesifiek op inwoners van enige spesifieke land gerig is nie. “Hulle mag dalk buitelander-spesifiek wees, maar nie land-spesifiek nie. Ons moet ons mense opvoed daaroor,” het Gbajabiamila gesê.

Tsenoli het gesê almal het erken dat bande gevorm moet word om goeie buurmanskap op voetsoolvlak in gemeenskappe op te bou.

Die ministers van buitelandse sake in Nigerië en Suid-Afrika het Maandag ooreengekom om ’n “vroeë waarskuwingstelsel” te skep om aanvalle teen Nigeriese burgers dop te hou en dit te verhoed, berig News24.

Die nuwe forum, wat geweld gaan stopsit, sal elke drie maande ontmoet, en sal bestaan uit verteenwoordigers van albei lande, insluitende immigrasieamptenare, sakeverenigings en groepe uit die burgerlike samelewing.

-Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!