Goue vroue laat Namibië skitter
Die nasionale gemoed is Saterdag danksy drie topvroue se prestasies gelig.
Ronelle Rademeyer en Tielman van Lill - Eva-krag uit die boonste rakke het die afgelope naweek Namibië se sport- en skoonheidsglans van 29 jaar gelede weer skitterblink gepoets.
Net soos in 1992 toe Frankie Fredericks en Michelle McLean die jong Namibiese Republiek op die wêreldverhoog geplaas het, het Kavango-Oos se spoed-duo, Christine Mboma en Beatrice Masilingi, en Khomas se skone Chanique (Chani) Rabe Saterdag goue internasionale glorie ingepalm.
Fredericks het in 1992 die eerste Namibiër geword om by die Olimpiese Spele in Barcelona, Spanje, twee silwermedaljes los te hardloop. Dieselfde jaar is McLean as Mej. Heelal gekroon.
Rabe (24), ’n oudleerling van Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP), is Saterdagaand in die Strzelecki Park-amfiteater in Nowy Sacz, Pole, as 2021 se Mej. Supranasionaal gekroon. Skones uit 58 lande het aan dié skoonheidskompetisie deelgeneem.
Sy is ’n model en modeontwerper wat reeds baie gedoen het om jong meisies in Namibië met naaldwerkopleiding te bemagtig om self entrepreneurs te word.
Christine Mboma (18) het Saterdagnamiddag opnuut in Nairobi, Kenia, by die 0.20-Wêreldkampioenskap haar Namibiese en internasionale aanhangers se harte by die Kaserani-stadion laat galop toe sy met 21,84 sekondes in die 200 meter-finaal geseëvier het.
Beatrice Masilingi (ook 18) het die silwermedalje in 22,18 sekondes opgeraap om haar persoonlike beste tyd aan te teken.
Mboma se goue-tyd is ’n nuwe byeenkomsrekord en slegs 00,03 sekondes stadiger as haar o.20-wêreldrekord wat sy vandeesmaand by die Olimpiese Spele in Tokio in die 200 meter-finaal met 21,81 en ’n silwermedalje verseël het. (Blaai na die sportblad vir meer hieroor.)
NIE VERWAG OM TE WEN
“Oor my dooie liggaam,” het pa Peri Rabe vroeër jare oor sy mooi dogter se deelname aan skoonheidswedstryde gesê.
“Op skool is sy as Mej. Wap en later Mej. Tiener gekies. Toe ek en haar pa besef wat sy moet hierdie platform kan vermag, het ek self ook betrokke geraak by Mej. Supranasionaal Namibië,” het haar ma, me. Natasha Rabe, gister uit Pole aan Republikein gesê.
Natasha het onlangs soontoe gevlieg om haar dogter saam met die nasionale direkteur van Mej. Supranasionaal Namibië, mnr. Willem Fourie, by te staan.
“Chani het nou ’n baie sterk platform om haar projekte verder uit te brei en hopelik verskil te maak in Namibië,” sê sy.
Haar ma vertel sy het aan die begin van die Covid-grendeltyd naaldwerkklasse by Hope Village aangebied en vroue geleer om maskers te maak.
Sy het later ook ’n naaldwerkskool in die Zambezistreek geopen en self die leerplan geskryf. Meisies word daar in naaldwerk-vaardighede opgelei sodat hulle weer vir ander naaldwerklasse kan aanbied.
Natasha sê sy het nie verwag haar dogter sou wen nie. “Toe sy onder die top-25 is, het ek gedink ek is gelukkig; dit is goed. Miskien is dit omdat ek so emosioneel betrokke was, dat ek nie gedink het sy sal wen nie.”
Die jong Rabe is in 2020 as Mej. Supranasionaal Namibië gekroon, maar moes tot vanjaar wag om in Pole te gaan meeding omdat die kompetisie verlede jaar weens die pandemie nie plaasgevind het nie.
In 2019, toe Anntonia Porsild van Thailand as Mej. Supranasionaal gekroon is, het Namibië se Yanna Haenisch tweede gekom.
Natasha sê Porsild los “groot skoene vir Chani om vol te staan”.
Sy was gister reeds met haar eerste verpligtinge in dié verband besig toe sy as een van die beoordelaars in die Mnr. Supranasionaal-kompetisie opgetree het.
“Skoonheid is nie die belangrikste in so kompetisie nie; hulle kyk baie dieper dit. Dit is soos om vir ’n werk aansoek te doen. Hulle kyk of jy die regte mens daarvoor is en wat jy kan bied,” vertel Natasha.
“Chani glo daarin om absoluut haarself te wees nie voor te gegee om iets of iemand te wees wat sy nie is nie.”
Natasha sê die organiseerders kom binnekort na Namibië om Rabe hier met haar projekte te help.
Puerto Rico se Karla Guilfu Acevedo het Saterdagaand tweede gekom en Thato Mosehle van Suid-Afrika derde. Valentina Sánchez van Venezuela het vierde geëndig en Eoanna Constanza van die Dominikaanse Republiek vyfde. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie