'Grace Mugabe lieg'

Die Suid-Afrikaanse model Gabriella Engels (20) sê Grace Mugabe, presidentsvrou van Zimbabwe, praat bog as sy sê sy wou haar met 'n mes aanval.

Engels het gereageer op 'n ongepubliseerde verklaring waarin Mugabe ontken dat sy Engels met 'n verlengingskoord aangerand het, maar beweer sy was eerder die slagoffer.

Reuters het Maandag berig Mugabe sê in dié verklaring wat in Augustus opgestel is en wat hulle onder oë gehad het, sy was die slagoffer nadat sy tussenbeide getree het toe haar seuns, Chatunga en Robert jr., 'n probleem met 'n “dronk jong vrou” gehad het.

“Sy lieg. Ek was nooit naby 'n kombuis waar daar messe gehou word nie. Sy probeer om my te laat sleg lyk. Sy probeer maak asof ek lieg, maar sy is die een wat lieg,” sê Engels.

“Hoe sou ek naby haar kon kom met al die lyfwagte om haar? Daar was geen kans nie.”

Luidens die verklaring het Mugabe oorweeg om 'n klag van poging tot moord teen Engels aanhangig te maak. Sy sê Engels se uitlatings is “kwaadwillige aantygings”.

“Sy was bekommerd oor haar seuns en het hulle in die hotelkamer gaan besoek,” lui die verklaring. “Toe sy daar aankom, het Engels, wat besope en van haar verstand af was, Mugabe met 'n mes aangeval nadat sy gevra is om die hotel te verlaat.

“Veiligheidsbeamptes het geen ander keuse gehad nie as om Engels uit die hotelkamer te verwyder.”

In die verklaring beweer Mugabe verder Engels was die aand voor die beweerde aanranding in 'n bakleiery met ander vroue in die Johannesburgse nagklub Taboo betrokke. Sy meen dit was die oorsaak van haar wonde.

Engels hou vol Mugabe praat nie die waarheid nie.

“Die waarheid sal seëvier. Ek het daardie aand vir my lewe gevrees, maar ek glo daar sal vordering wees om haar te laat pa staan vir haar dade,” sê Engels.

AfriForum, wat Mugabe op aanklag van aanranding wil vervolg, het Mugabe se uitlating as verregaande bestempel.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê Mugabe versprei “blatante leuens”.

“Mugabe probeer vervolging ontduik. Die aanvaller probeer die slagoffer speel. Ons het deeglike gesprekke met Gabriella en haar vriende gevoer. Sy was nie in 'n geveg by Taboo betrokke nie.”

Hy sê die feit dat Mugabe aansoek gedoen het om diplomatieke immuniteit, dien as skulderkenning.

“As sy sulke aantygings wil maak, moet sy dit in die hof bewys,” sê Kriel. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!