‘Gratis erwe vir almal in nedersettings’
Denver Kisting – Mnr. Johannes !Gawaxab, die voorsitter van die hoëvlakpaneel oor die ekonomie, het vanoggend by Staatshuis gesê almal wat in stedelike gebiede in ’n informele nedersetting woon, moet daardie grond gratis kry.
Dit is een van die aanbevelings in die verslag wat die komitee onlangs aan pres. Hage Geingob voorgelê het.
Mnr. Vetumbuavi Mungunda, ’n lid van die komitee, het tydens ’n nuuskonferensie gesê twee benaderings tot werkskepping word aanbeveel.
Om gegradueerdes se indiensnemingsmoontlikhede te verbeter, beveel die komitee ’n een jaar lange internskap ná hul studies aan.
Dit sal in samewerking met die private sektor geskied, sê hy.
Die tweede benadering behels die ontginning van onmiddellike geleenthede binne die landbousektor, byvoorbeeld die houtskoolbedryf, vir diegene sonder formele opleiding, sê hy.
!Gawaxab sê die houtskoolbedryf kan 10 000 poste lewer.
Geingob het verlede jaar die komitee aangestel om met korttermynplanne vorendag te kom wat die land se ekonomie kan red.
Uiteindelik sal net beleggings ekonomiese groei kan aanhelp, het !Gawaxab benadruk.
Lees môre die volledige berig in Republikein.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie