Griffin-klub 'n nasionale krag
Griffin-klub 'n nasionale krag

Griffin-klub 'n nasionale krag

Gimnastiek
Andrew Poolman
Die Griffin Gimnastiekklub se deelname aan die onlangse nasionale artistiese kampioenskap van die Namibiese Gimnastiekfederasie (NGF) by The Dome op Swakopmund was baie suksesvol.

Die artistiese meisiesgimnaste het vier nasionale trofeë en 79 medaljes verower, waarvan 40 goues, 23 silwer- en 16 bronsmedaljes was.

In die seunskompetisie het Griffin twee wenners van goue medaljes opgelewer, naamlik Zacheo van Vuuren en Robert Honiball.

Honiball, die stigter van Griffin Sport, het 'n puik terugkeer na kompetisie gemaak ná 'n onderbreking van etlike jare vandat hy laas op internasionale vlak meegeding het.

Die klub wens al sy presteerders geluk en spreek ook spesiale waardering uit vir die harde werk van Juliana Simonfi, hoofafrigter van die artistiese meisies.

Die gimnaste wat trofeë by die nasionale kampioenskap verower het, was Renolda Gawases (Vlak 2), Diana Kaura (Vlak 3), Ueritjiua Tjitemisa (Vlak 4) en Alessandra Kaura (Vlak 5).

Die tuimel- en trampoliengimnaste van Griffin het ook sterk presteer met agt nasionale trofeë en 29 medaljes (11 goud, 13 silwer en vyf brons). Die trofeewenners was Zuleika Hiwilepo, Jara Reiff, Benn Visser, Lara Cronjé, Hannah Cronjé, Ruan Janse van Rensburg en Jethro Hiwilepo.

Gimnaste van die klub wat gekies is om Namibië by die Streek 5-kampioenskap van 5 tot 10 Desember op Walvisbaai te verteenwoordig, is (vroue artisties) Alessandra Kaura, Gochane Awaseb en Layla Fernandes, asook die tuimel- en trampoliengimnaste Hannah Cronjé, Lara Cronjé, Zuleika Hiwilepo, Jeanette Steyn, Jethro Hiwilepo, Ruan Janse van Rensburg en Leon van Wyk.

Griffin gimnastiekklub is geleë by Koinsebstraat 3 in Kleine Kuppe. Navrae kan aan 081 257 0590 gerig word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!