'Groei in VSA kan Afrika knou'
'n Sterker Amerikaanse ekonomie en dollar kan die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed) die geleentheid gee om rentekoerse vinniger op te stoot en dit kan lei tot kapitaal wat uit ontluikende markte vloei, sê Lesetja Kganyago, president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank.
Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, het in 'n onderhoud met Bloomberg by die Wêreld Ekonomiese Forum se jaarlikse beraad in Davos, Switserland, gesê dit is moeilik om die uitwerking van Donald Trump se presidentskap op Afrika te bepaal, omdat daar steeds onsekerheid is oor die beleidsmaatreëls. “Ons weet nie wat die beleid gaan wees nie,” sê hy.
“Daar word gepraat van fiskale stimulus en, as dit die geval is, sal jy wil glo dat die Amerikaanse owerheid se stimulus in die belang van die ekonomie is, en as dit lei tot die Amerikaanse ekonomie wat groei, sal die mark dit inreken en dit sal lei tot 'n sterker dollar.”
Dit sal op sy beurt 'n invloed kan hê op die ekonomieë van ontluikende lande, sê Kganyago.
Hy is veral bekommerd dat die sprake van proteksionisme kan lei tot vergelding deur ander lande.
Volgens hom het dit nie sin dat 'n land sy eie ekonomie wil beskerm teen invoer, terwyl die land terselfdertyd toegang wil hê tot die internasionale mark nie.
Hy is veral bekommerd dat proteksionistiese beleid in die VSA kan lei tot die afskaffing van die Amerikaanse wet op groei en geleenthede in Afrika (Agoa), waar sekere lande in Afrika suid van die Sahara, insluitende Suid-Afrika, beter toegang tot die Amerikaanse mark kry.
-Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie