Grond lê Namibiërs na aan die hart
President Hage Geingob het gister met die opening van die 2017-regsjaar gesê die goedkeuring van die wetsontwerp op grond sal eers gedoen kan word na behoorlike nasionale dialoog gevoer is om die kwessie te ondersoek.
Hierdie aankondiging val byna saam met die permanente sekretaris van die ministerie van grondhervorming, mnr. Peter Amutenya, se aanduiding by 'n nuuskonferensie dat die ter tafel legging van dié wetsontwerp sal voortgaan, tensy die parlement en regering anders besluit.
Maria Eiseb het by Namibiërs gaan hoor hoe hulle oor grondhervorming en die wetgewing wat dit rig, voel.
Me. Rosa Namises
"Dit is belangrik dat ons van tyd tot tyd die wette hersien, byvoeg of wegvat voor ons die wette implementeer. Die afgelope tyd is hervestiging baie onregverdig gedoen. Veral mense duskant die rooilyn en dié wat hul voorvaderland verloor het, moes eerste die voorreg gegun word. Dit is soos in die apartheidsera toe leiers die voorhand gekry het en nog steeds kry. Ek staan nie teen dat die wet verander moet word nie, maar ek is teen die tyd wat die wet verander word.
"Dinge word agterstevoor gedoen. Minderbevoorregte mense en kinders wat die land van hul voorouers verloor het, moes eers hul grond teruggekry het. Ons verander nie die wette elke nou en dan nie, hulle moet eers wag met hierdie wet tot ná die grondkonferensie. Tradisionele leiers en die gemeenskap oor die algemeen moet ook insae gehad het. Die regering gee ook nie 'n goeie rede as hulle sê ons kan nie die voorvadergrond terugkry nie. Ander mense wat op hul voorouers se grond sit, kom gryp ons land. Dit is baie onregverdig, want dit is net sommige mense wat die voordele geniet."
Theopo Matheus -
"Dit is baie onregverdig teenoor die mense. Hoekom word sommige mense toegelaat om in die ander streke te gaan boer, maar die eintlike mense van die streke kan nie op hul eie plek gegee word nie? Die mense kry nie kans in hul land wat hulle van hul voorouers geërf het nie. Hulle kan daardie grond gebruik vir ontwikkeling, dit is 'n bate vir hulle."
Immolatrix Murorua -
"Ek likes dit eenvoudig nie. Ek hou nie van die idee nie."
Claudia Thanises
"Ons wil nie hê die wet moet voor die grondkonferensie aangekondig word nie. Die wet moet weer bestudeer word dat ons die land van ons voorouers kan terugkry. Wat van ons en ons kinders in die toekoms? Ons neem dit baie ernstig op, die gemeenskap is ook nie goed ingelig waaroor die wet gaan nie, omdat hy die minister is, gebruik hy die mandaat. Ons ouers se grafte sit daar en ons wil daar woon en soos in die ander streke wil ons 'n bestaan voer en nie arm gemerk word nie."
Lisa Boois en Fina Afrikaner -
"Ons weet nie wat in die toekoms sal gebeur nie. Hoe sal ons die kinders opvoed as ons nou staan en mekaar stamp sonder enige oplossing? Dit is baie onregverdig en 'n mens is bekommerd oor die toekoms en oor die onverskilligheid in die land."
Flora Afrikaner -
"Ons soek ook grond. Elkeen in sy streek. As iemand nie van die streek is nie moet hy nie grond in daardie streek kry nie. As jy van die Kunenestreek is kan jy nie grond in die Caprivi kry nie. Die begin is al klaar swaar en so bly die mense ook nie by die plekke wat hulle kry nie. Iemand wat nie in die toekoms by die plek sal bly nie, moet nie in 'n ander streek plek gegee word nie. Regverdigheid moet geskied."
Jacob Neels Trolie -
"Regverdigheid moet beoefen word. Elkeen moet sy voorvaderland teruggegee word. Laat daar nie stamgebondenheid wees nie. Dit is baie duidelik met wat tans in !Hoxa!nâs gebeur. Nie een van die mense van daardie streek het 'n plek daar nie, dis net vreemdelinge."
Leon Isaaks
"Laat die wet uitgestel word tot na die grondvergadering. Hoekom is daar haas om dit voor te stel? Namibiese mense en selfs die ministers is oningelig as dit oor die grondkwessie gaan, en ons word gekenmerk as stamgebonde as ons daarvan praat.
"Mense wat die kwessie van die land van die voorouers teenstaan, weet grond is 'n hulpbron en ons moet dit ten minste gegun word. Ons is alreeds ekonomies verdruk en kan die voorvaderland teruggegee word. Destyds het ons ouers 'n bestaan uit die grond gemaak.
"Hulle het nie van die hulp van die regering gelewe nie en ons weet hoe om 'n bestaan te voer. Ons is nie arm soos ons gesê word nie. As dit 'One Namibia, one Nation' is word daar van eenheid gepraat. As ons nie erken word nie, is die voorvaderland die antwoord om ons ons waardigheid terug te gee. Vir uiterste armoede sal daar 'n oplossing wees as ons ons land terugkry. As daar geregtigheid is, hoekom word herstellende geregtigheid nie in Namibië beoefen nie?"

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie