Grondministerie beplan vir nuwe jaar

Amptenare aangemoedig om selfbeheersing uit te oefen en op sleutelareas te fokus.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, sê sy ministerie se strategiese plan vir 2017-'18 moet kennis neem van die voortgesette voorbereidings vir die tweede grondkonferensie wat in September gehou gaan word.

Dié konferensie sal die pad vorentoe uitlê oor hoe die grondkwessie hanteer moet word.

Nujoma het gister by die opening van die beplanningsessie egter geen melding gemaak van die wetsontwerp op grond wat uitgestel is nie.

Hy het ook niks genoem oor hoe hervestiging aangepak gaan word vóór die grondkonferensie plaasvind nie.

Hy het slegs 'n beroep op ­amptenare gedoen om selfbeheersing uit te oefen en om op sleutelareas te fokus.

Die ministerie se konsepplan is reeds by die kantoor van die eerste minister vir kommentaar ingehandig.

Nujoma het gesê die ministerie het in die 2016-'17 finansiële jaar 75% van sy projekte uitgevoer.

Volgens hom het die interne ouditdepartement 100% uitvoering behaal, inligtingstegnologie 100%, streeksplanne 88%, beplanning, navorsing, opleiding en inligtingsdienste 85%, en opname en kartering 84%.

Nujoma het ook genoem dat heelwat verbetering op die gebied van registrasie van eiendomme by die aktekantoor gemaak is.

Dit vat nou slegs vyf werksdae vir die oordrag van eiendomme.

Vir die volgende finansiële jaar beplan die ministerie om 105 000 hektaar grond in kommunale areas te ontwikkel.

Dit sluit in die bou van vier aanhoudingskrale en die ontwikkeling van 25 boorgate.

Gedurende die 2016-'17 finansiële jaar is geïntegreerde streeksgrondgebruik (IRLUPs) vir die Omaheke-, Omusati- en Oshonastreek ontwikkel. Vordering op die IRLUP vir ­Otjozondjupa is 95%, Omaheke 92%, en 55% vir beide die Oshana- en Omusatistreek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!