Grondoudit verwelkom
Grondoudit verwelkom

Grondoudit verwelkom

Dani Booysen
Die ombudsman, adv. John Walters, se bevestiging van 'n omvattende ondersoek na die toekenning van hervestigingsgrond word verwelkom.

Sekere “hooggeplaastes” sal dalk nie in hul noppies met so 'n speurtog wees nie.

Die toets gaan ook wees of die ombudsman se kantoor, as 'n onafhanklike waghond wat regverdige en doeltreffende administrasie moet verseker, belanghebbendes se volle samewerking gaan ontvang.

Tot dusver was daar weersin in die volledige openbaarmaking van statistiek. Daarsonder sal agterdog altyd bestaan.

Al die feite is nodig om enige patroon van begunstiging te bewys. Hierdie inligting is ook 'n verpligte bestanddeel van enige behoorlike, ingeligte gesprek oor hervestigingsbeleid – 'n debat wat deel moet wees van later vanjaar se lang verwagte grondkonferensie.

Prof. Wolfgang Werner van Nust was een van dié wat in Maart 'n oudit van hervestiging en die regstellende aksie-leningskema bepleit het.

Die storm oor die toekenning van 'n nuwe hervestigingsplaas aan wyle mnr. Andimba Toivo ya Toivo in die naam van sy vrou, me. Vicki Erenstein Ya Toivo, was bloot die jongste van jare lange, hardnekkige vrae oor die regverdigheid van toekenningsprosedures.

As die hervestigingsbestel die toets op hande gaan slaag, het die regering niks om te vrees of weg te steek nie. As die oudit egter gedwarsboom word, sal dit langdurige bekommernisse staaf.

As dit gebeur, sal die ombudsman sy meestal ongetoetste magte moet inspan om agter die kap van dié byl te kom.



So sê ander

10 Mei 2018



County mistakes, not reform laws, allowed alleged killer to go free



The killing last year of Whittier Police Officer Keith Boyer added some punch to what had become a sagging campaign to blame California's historic criminal justice reforms for an uptick in crime rates.

A repeat violent offender, (Michael Christopher) Mejia had cycled in and out of prison before being released in April 2016 — only to be arrested four times after that. The last of these came a few weeks before Boyer's slaying. Slip-ups by prosecutors and perhaps other county agencies — not the criminal justice reforms that have received so much of the blame — left Mejia at liberty on the day of the killing. For the most part, public safety remains in the hands of the officials who we expect to deal with it: prosecutors, probation officers, police. We do not expect — and we must not accept — their blaming the law, rather than their own performance, for tragic mistakes.• LOS ANGELES TIMES

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!