Grondwet mag nie ‘papierdroom’ wees
Namibië gedenk môre 29 jaar sedert die aanvaarding van sy Grondwet.
Ronelle Rademeyer - “Ons kan almal baie dankbaar wees vir die Grondwet wat ons geskryf en eenparig aanvaar het. Namibiërs se vryheid en beskerming lê hierin opgesluit.
“’n Demokrasie het sy voordele, maar ook sy verantwoordelikhede. Een van die vernaamste dinge om te aanvaar, is dat jy binne ’n demokrasie van mekaar mag verskil. Dit is deel van die proses.”
Só het mnr. Dirk Mudge, veteraanpolitikus en grondwetskrywer, gister gesê.
Dit is môre 29 jaar sedert die Namibiese Grondwet in die maand voor onafhanklikwording eenparig deur die grondwetskrywende vergadering aanvaar is.
Dié vergadering het op 21 November 1989 met sy werksaamhede begin en in ’n rekordtyd ’n grondwet geskryf wat destyds deur die internasionale gemeenskap as ’n ongeëwenaarde mylpaal beskou is.
Hy sê Suid-Afrikaners kon destyds nie glo dit is moontlik om só ’n Grondwet op te stel nie.
Mudge, wat verlede maand 91 geword het, sê Namibiërs kan danksy die Grondwet die gerustelling hê dat hulle nie kwessies soos grondonteiening hoef te vrees nie.
“Daar kan nie wette gemaak word wat strydig met die Grondwet is nie.
“Ek kan nie glo dat ná al die harde werk destyds, en die oortuigingswerk wat ons moes doen, dinge in ons land sal skeefloop soos in Zimbabwe of Suid-Afrika gebeur nie.”
Hy het benadruk hoe belangrik goeie menseverhoudinge is en sê mense moet besef dat as jy liefde saai, jy liefde sal terugkry.
“Negatiwiteit maak ’n mens moeg soos pyn jou moeg maak. Dit moet ons altyd onthou,” sê Mudge.
Die ombudsman, adv. John Walters, het gister vir wyle dr. Theo-Ben Gurirab (ook destyds deel van die grondwetskrywende vergadering) aangehaal, wat gewaarsku het die Grondwet mag nie net ’n “papierdroom” wees nie.
“Die Grondwet moet nie net die regte van mense beskerm nie; dit moet aan daardie regte gestalte gee. As ons nie daarin slaag nie, is die Grondwet net ’n papierdroom,” het hy by navraag oor die betekenis van Grondwetdag gesê.
Walters sê wat hom bekommer is dat Namibië byna 30 jaar ná onafhanklikwording meer sinkhuise as ooit tevore het. Daar is meer mense wat nie behuising en toegang tot water en sanitasie het nie.
“Ons het die afgelope 29 jaar baie gedoen om aan mense se burgerlike en politieke regte gestalte te gee, maar ons faal as dit by hul ekonomiese regte kom,” sê hy.
“Hoekom sterf mense nog aan hepatitis E? Dit kon verhoed gewees het deur beter sanitasiegeriewe. Dit is deur ons toedoen dat mense daaraan blootgestel is,” meen Walters.
“Ons destydse hoofregter, Ismael Mahomed, het gesê dít wat in die Grondwet vervat is, is lewende beginsels.
“Daarom moet ons toesien dat mense die hoogste vlak van fisieke en geestelike gesondheid beleef en nie aan siektes soos hepatitis E blootgestel is nie,” sê hy.
Hy sê die regering en ander belanghebbendes moet met die viering van Grondwetdag onthou dat dit nie net oor die beskerming van mense se regte gaan nie, maar oor die realisering daarvan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie