Groot droom word groot werklikheid
Yochanaan Coetzee – Vir jare moes die leerlinge van die Primêre Skool Krönlein hul saalbyeenkomste in die buitelug hou.
In die winter was dit veral swaar omdat daar min skuiling teen die droë, koue wind was en die onderwysers het agtergekom die kinders se aandag word weens die uiterste weersomstandighede baie vinnig van die verrigtinge afgelei.
In die somer was dit weer bloedig warm.
“Ons moes baie van ons programme so kort as moontlik hou om die kinders in ag te neem,” het die skoolhoof, mnr. Hendrik Coetzee, gesê.
Die skool, tans die grootse in die //Kharasstreek, het die afgelope vyf jaar geld ingesamel om ’n saal te bou.
“Dit was ’n droom wat ons wou bereik, en hoewel dit met tye swaar gegaan het, is dit wonderlik om te sien hoe maatskappye, die ministerie, die dorpsraad en selfs ouers en lede van die publiek saamgestaan en ons ondersteun het.
“Toe mense sien dat ons as skool moeite doen om op verskeie wyses geld in te samel, het hulle hul harte en beursies oopgemaak. Dit het ons die moed gegee om al die struikelblokke te oorkom,” het hy gesê.
Met van kompetisies met onder meer ’n motor as prys, tot talle basaars, pretlope en versoeke aan ouers, het die skool momentum gebou en daarmee die reuseprojek van 9 000 m² aangepak.
“Die aanvanklike kosteberaming vir die projek was N$3,2 miljoen. So, elke keer wat ons geld gekry het, het ons dit in die saal belê en stadigaan met die bouwerk begin,” het Coetzee gesê. “En dis waar die wonderwerke begin het.”
Hul inisiatief en die positiewe doel waarvoor hulle gewerk het, het maatskappye en die gemeenskap geraak en aangemoedig om die projek te ondersteun.
“Dit was ongelooflik! Daar was tye dat die bronne 'n bietjie skaars geraak het en ons benoud was omdat ons dringend geld nodig gehad het om sekere dele van die konstruksie af te handel,” het mnr. Bennie Diergaardt, ’n lid van die komitee wat die projek bestuur, gesê.
“Jy sal nog so sit en wonder waar, wie of hoe ons dit sal regkry, en dan kom stap ’n ouer in en skenk N$15 000, of boumateriaal of selfs arbeid. Dit was wonderlik om te sien hoe toegewyd mense was om betrokke te raak.”
Danksy die bystand van die ministerie van onderwys, Namdeb, Benguela Fishing en die dorpsraad, is die spogsaal se verhoog en dak ook opgerig. Noudat die halfpadmerk bereik is, is die komitee opgewonde oor die moontlikhede wat die toekoms vir die projek inhou.
“Ons het ver gekom, maar het nog ver om te gaan om die saal klaar te kry,” het Coetzee gesê. “Ons moet nog krag, beligting en die klankstelsel installeer asook die nodige stoele en gereedskap kry, en daarvoor het ons nog hulp nodig.
“Ons vertrou ons sal die saal voltooi om vir ons leerlinge die fasiliteite te kan gee wat hulle verdien en aan die gemeenskap ’n groot lokaal voorsien waar hulle byeenkomste kan hou, kan fees vier of bymekaarkom om gemeenskapsake te bespreek.
“Dit sal ook vir ons onderwysers ’n plek gee om met ouers te vergader, of ons kan ons sopkombuis van daar bedryf of ons kan met die kinders drama doen. Die lys raak net langer.”
Boonop is die saal en die skool vir rolstoele toeganklik. “Dit was vir ons baie belangrik,” het hy bygevoeg.
Diegene wat ’n bydra wil maak of meer oor die projek wil uitvind, kan die Primêre Skool Krönlein by 063 223 110 skakel of ’n epos na [email protected] stuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie