Groot skoene om vol te staan
KANTOOR VAN DIE REHOBOTH BASTER GEMEENTE SKRYF:
Die Kantoor van die Baster Gemeente wil van hierdie geleentheid gebruik maak om ons opregte dank en waardering uit te spreek teenoor elkeen wie hul meegevoel betoon het tydens ons groot verlies met die heengaan van Kaptein J.C.A. McNab.
Boodskappe van medelye, simpatie en erkenning aan ’n legende het van regoor die wêreld ingestroom. Hulde deur die UNPO is aan Kaptein McNab gebring en is beskikbaar op hul webtuiste.
Die Kapteinskantoor glo dat alle insette wat Kaptein McNab gelewer het erkenning en waardering onder ons gemeenskap sal geniet. Kaptein McNab het onverpoos gewerk vir erkenning van die kulturele regte van die Bastervolk en hom beywer vir die bemagtiging en opheffing van hul maatskaplike en ekonomiese omstandighede, insluitende die van alle minderheidsgroepe.
Kaptein McNab was ’n bedrewe skrywer. Hy het hard gewerk vir erkenning van die Afrikaanse taal, ’n taal waarvoor hy lief was. Vir sy harde werk en bydrae tot die Afrikaanse taal het hy ’n Kokerboom-toekenning ontvang.
Op sy stil manier was Kaptein McNab ’n romantikus en ’n romansboek is gepubliseer. Ander geskrifte en publikasies het ook voortgevloei uit sy pen. Daaroor is baie gesê tydens die waakdienste.
Sy visie, harde werk, sy liefde vir Rehoboth en sy mense, sy passie in alles wat hy gedoen het en die beginsels waarvoor Kaptein McNab gestaan het, het nie net plaaslik nie, maar internasionaal erkenning geniet en het beslis ’n blywende impak gemaak. Verskeie internasionale erkennings wat Kaptein McNab vir sy harde en onbaatsugtige werk onder moeilike omstandighede ontvang het, is beslis in die annale van die geskiedenis vasgelê en sal blywend en sigbaar wees vir toekomstige generasies.
Vir sy vredeliewende geaardheid, dog sterk standpunte was hy internasionaal gerespekteer. Verskeie vrienskapsbande en samewerkingsooreenkomste is juis daardeur met verskeie buitelandse "eerste nasie"-groepe, universiteite, menseregteorganisasies en verskeie ander groepe gesluit.
Kaptein McNab het hom beywer dat die wêreld bewus raak van die onderdrukking van die Rehoboth Basters in ’n demokratiese bestel; die lyding en verwoestende gevolge van die volksmoord op die Rehoboth Basters as ’n minderheids groep gedurende 1915, asook die vernederende boek met betrekking tot die Rehoboth Basters soos gepubliseer deur Eugen Fischer (1913). Laasgenoemde poging is tans in prosessering vir ’n wêreldwye fotografiese uitstalling. Kapt. McNab besorg juis daardeur ’n stem aan die Rehoboth Bastergemeenskap vir restitusie.
’n Seder het geval en ’n reus se plek het leeg geraak.
Mag God hierdie volk sëen met ’n Godvresende leier. ’n Leier wie beginselvas is, ’n leier wie die volk sal dien en sy volksgenote se belange eerste gaan stel en nie vir eie gewin daar sal wees. ’n Leier wie visie vir sy volk sal hê. ’n Leier wie die fakkel gaan oorneem en dra op die pad wat J.C.A. McNab oopgetrap het.
Wie ook al die opvolger van Kaptein McNab is, sal beslis groot skoene moet volstaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie