Groot skudding in Noordweste
Augetto Graig
’n Aardbewing wat 5,6 op die Richterskaal gemeet het, het Sondag om 03:41 ongeveer 97 km noordnoordoos van Khorixas voorgekom.
Sewe naskokke is in dieselfde gebied aangeteken wat afsonderlik tussen 2,3 en 3,6 op die Richterskaal gemeet is.
Die aardbewing het sy oorsprong vlak in die aardkors gehad teen ’n diepte van ongeveer 15 km.
Die Geologiese Opname van Namibië in die ministerie van myne en energie sê sewe onafhanklike seismiese stasies, onder meer in Windhoek en op Kamanjab, Opuwo, Rundu, Katima Mulilo, Karibib en Aus het die aardbewing waargeneem.
Volgens die webwerwe earthquaketrack en volcanodiscovery was dit die grootste aardbewing op rekord vir Namibië. Op volcanodiscovery het mense aangedui dat hulle ligte skuddings tot by Tsandi in die noorde, Hentiesbaai langs die kus, Kalkfeld en Otjiwarongo gevoel het.
“Dit het soos donderweer geklink,” volgens konstabel Rahab Sheehama wat by die Fransfontein se polisiekantoor gestasioneer is. Sy sê almal op die dorp het wakker geskrik, maar gelukkig was daar geen skade nie en niemand is beseer nie.
Volgens me. Ronel Hennies van die Ohorongo Safaris-tentkamp en -oord wat tussen Kamanjab en Outjo geleë is, het alles geraas en gebewe.
Sy vertel ook van die harde geluid “amper soos ’n groot lorrie wat skuins by jou huis verbyry”.
“Ons kon dit in die huis voel. Die hele huis het geskud en die vensters het gebewe, maar niks het gekraak nie,” sê sy.
Die ervaring was skrikwekkend, maar sonder ernstige nagevolge. Die bure het ’n soortgelyk ervaring gehad, sê sy.
Mnr. Salmon Naobeb, ’n afgetredene op Fransfontein, sê tot die beddens en die huisdakke het erg geskud toe die aardbeweging omtrent 12 minute voor vier daar gevoel is.
Die adjunk- uitvoerende direkteur van die Geologiese Opname, me. Gloria Simubali, sê mense kan in die geval van ’n aardbewing skuiling onder ’n tafel of buite die gebou soek. Sy raai aan dat mense ’n oop ruimte weg van geboue, bome en kraglyne vind as jy gedurende ’n aardbewing buite is. Bly weg van vensters en wees waaksaam vir vallende voorwerpe, veral as jy binnenshuis is wanneer die aardskudding gebeur, sê sy. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie