Groot take ná Londen 2018
Etlike nuwe planne is verlede week in Londen teen misdade gesmee wat met stropery verband hou.
Die aanslag woed nie net op fauna nie, maar ook die wêreld se flora en natuurlike habitats.
'n Finansiële aanslag teen verwante geldwassery is onder meer van stapel gestuur. Intensiewe data-ontleding is ook nodig om die vraag na onwettige wildprodukte te beperk.
Namibië was teenwoordig by dié Konferensie oor Onwettige Wildhandel en hopelik keer minister Pohamba Shifeta terug met goeie nuus oor nuwe vennootskappe om die stryd op eie bodem te bevorder.
Bewaring se impak op ekonomiese groei en die opheffing van plaaslike gemeenskappe is opnuut benadruk. Die gemeenskappe moet die belang van bewaring besef en aan die voorpunt van die stryd staan.
Elke middel teen ander soorte georganiseerde misdaad moet volgens die konferensie ook teen omgewingsmisdadigers ingespan word. Die Independent het genoem 'n geskatte 110 Afrika-olifante is tydens die twee dae van samesprekings waarskynlik afgemaai.
Prins William, wat Namibië in aanloop tot die konferensie besoek het, het gepleit vir meer suksesvolle vervolgings en swaarder strawwe – 'n boodskap waarmee baie Namibiërs sal saamstem. “Dit alles beteken duisende plaaslike gemeenskappe word ontneem van hul mees waardevolle hulpbronne en 'n weg uit armoede,” het die hertog van Cambridge gesê.
Meer as 50 lande het hulself tot die beraad se besluite verbind. Soos met enige indaba sal die toets egter in die komende maande en jare wees of die planne 'n verskil maak.
So sê ander
15 Oktober 2018
Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Roelof Frederik “Pik” Botha se nalatenskap as politikus en as mens is sedert sy afsterwe Vrydag in Pretoria omvattend uit verskeie oorde beoordeel.
As sleutelrolspeler in die apartheidsera en in die oorgang na 'n demokratiese Suid-Afrika was hy dikwels omstrede, buite én binne sy eie kringe.
Ofskoon Botha weens sy dualistiese rol as verdediger én kritikus van apartheid in die 1980's 'n reputasie as 'n “tweegesig” gehad het, toon die weegskaal talle van sy landgenote, sy teenstanders ingesluit, ag hom as 'n stem van rede wat vroeg reeds die nuwe moontlikhede vir Suid-Afrika ingesien het.
Een van Botha se bekende aanhalings kan steeds as rigtingwyser op Suid-Afrika se voortgesette lang pad na vryheid dien: “Suid-Afrika is soos 'n sebra: Ongeag of jy die swart of die wit streep skiet, sal die hele dier sterf.”• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie