Gulde geleentheid lei tot angsaanvalle
Sanet de Swardt – Ek was op my dag 'n redelik ervare reisiger. Ek was skrikkerig in die begin, maar het dit naderhand terdeë begin geniet.
Ek was een van diegene wat die “working holiday”-avontuur in Engeland ondervind het. Ek was al redelik oud – 27 – toe ek dié besluit geneem het. Ek het teen daardie tyd genoeg geld gehad om vir 'n visum aansoek te doen.
My oudste suster was die reisiger in ons gesin. Sy het aangebied om saam met my te vlieg en om my die eerste week te help om blyplek te kry. Die jaar was 2001. Ek het gedink dit sou maklik wees om blyplek te kry, maar ons weet wat “dink” gedoen het. Ek het net voor die week om was blyplek gekry. Die huismense was baie vriendelik en behulpsaam.
Die volgende stap was om werk te soek. Wie sou kon dink dit sou nóg moeiliker wees om geskikte werk te vind. Ek was baie gelukkig om by 'n agentskap uit te kom wat administratiewe ondersteuning aan kontrakteurs by boupersele bied. Ek het só lekker gewerk, en elke agt of nege maande het ek op 'n ander perseel begin werk. Hoe sê hulle: “Change is as good as a holiday.”
Ek het die interessantste mense ontmoet. Walliesers, Skotte en natuurlike die Engelsmanne. In die begin was dit nogal moeilik om hul aksente te verstaan. Ek het op meer as een geleentheid soos 'n volslae gek gevoel omdat ek niks kon verstaan nie. Wel, met my hoogs Afrikaanse aksent het hulle gedink ek kom van Holland af.
Ek wil sê ek is baie lief vir Namibië en Suid-Afrika, maar ek sal enige tyd teruggaan Engeland toe om daar te bly. Met die koue en al. Ek weet nie of dit die plek of die mense is nie, maar ek het my hart daar verloor. Met die lewe wat gebeur en die onlangse virus wat ons ingeperk het, het ek nooit weer die geleentheid gehad om oorsee te gaan nie. Ons was wel vir lang tye in Afrika, maar dis nie dieselfde nie.
My suster en haar gesin het so 10-plus jaar gelede na my geliefde Engeland getrek en bly nou permanent daar. Nogal met Britse paspoorte en al. Met elke geleentheid wat hulle kry, reis hulle, óf Frankryk, óf Italië toe. Hulle bly dan sommer 'n maand daar.
Sy het die idee gekry om vanjaar vir haar 50ste verjaardag 'n villa in Italië vir 'n maand te huur en dan kan familie en vriende – soos hulle kan – daar aandoen en haar verjaardag vier. Wel, soos te wagte, is ek en my kroos ook genooi, maar die kanse is redelik skraal finansies gaan dit toelaat dat ons almal kan gaan. Nou los dit net vir my oor.
Vandat ek van dié storie gehoor het, kry ek letterlik angsaanvalle. Hoe gaan ek alleen na en in 'n vreemde land reis? Ek sal dit mos nooit maak nie! Ek het my selfvertroue vir reis so deur die jare verloor. Alles – tot om vir 'n visum aansoek te doen – voel soos 'n berg voor my.
Waar moet ek aansoek doen? Moet ek Pretoria toe reis om aansoek te doen? My kop voel of hy wil bars. Haal asem; diep asem. En herhaal. Soos julle seker agtergekom het, is ek nie iemand wat daarvan hou om uit my gemaksone geruk te word nie. En hierdie situasie het die potensiaal om net dít te doen.
Dan skop my logika in en sê: “Hoe kan jy so 'n gulde geleentheid deur jou vingers laat glip?” Dan dink ek mens is nooit te oud om iets te leer of om weer aan iets gewoond te raak nie. Miskien byt die reisgogga my weer. Wie weet. Nou is dit “mind over matter”.
Ek moet net moed bymekaarskraap om my vlerke te sprei en die nes weer te verlaat. Dit kan seker nie só moeilik wees nie, of kan dit?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie