Haaie wil Bulle met hou00ebtempo-spel troef
Haaie wil Bulle met hou00ebtempo-spel troef

Haaie wil Bulle met hoëtempo-spel troef

Rugby
Christo Buchner – Die Haaie het nog nie al hul kaarte vir Saterdag se “Superfan”-kragmeting met die Bulle op Loftus Versfeld gewys nie en het Donderdag net ’n groep van 30 spelers aangewys.
Meer as ’n handvol van die gereelde name in die span is weens beserings nie oorweeg nie.
Ondanks dié terugslag het die Durbaniete steeds ’n baie mededingende groep aangekondig vir wat Sean Everitt, die hoofafrigter, glo ’n baie strawwe stryd teen die Bulle gaan wees in hul eerste kragmeting met Jake White as die nuwe afrigter.
Curwin Bosch, die Haaie-losskakel wat een van die meer gerekende en ervare gesigte in die span is, sien die terugkeer na die speelveld ná die lugleegte van ses maande as “baie opwindende tye”.
“Dit het al klaar net goed gevoel om weer te kan oefen en ’n bal rond te gooi. Die liggaam moet nog gewoond raak aan die kontak, maar die afwagting om te kan speel, is tasbaar,” sê hy.
Volgens Bosch is dit ook opwindend om van die nuwe gesigte in die groep te hê, wat tydens die inperking by hulle aangesluit het.
Een van hulle is die voormalige Bulle-losskakel Manie Libbok, wat die meer geroemde Bosch op sy tone kan hou in die wedywering om die nommertien-trui. Hy kan danksy sy veelsydigheid ook as heelagter oorweeg word. Die Haaie se eerstekeuse-heelagter, Aphelele Fassi, is juis op die langtermyn-krukkelys.
“Ek glo hy (Libbok) sal baie goed by ons patroon inskakel en hy speel ook die dinamiese en opwindende soort rugby wat goed sal inpas by die ander opwindende agterspelers om hom. Dan is daar ook Werner Kok (die Blitsbok) wat ook die Haaie-ingesteldheid versinnebeeld dat hy nooit tou opgooi nie en enduit veg. Sy werkverrigting en -etiek is van die hoogste gehalte.
“As span hoop ons ons kan aangaan waar ons opgehou het toe die seisoen tot ’n halt gekom het.
“Ons wil weer met die basiese dinge begin en dit wat ons nou onlangs geoefen het inskerp in ’n wedstryd-situasie,” sê hy.
Bosch sê die Haaie smeer hulle vet vir ’n baie fisieke aanslag van die Bulle.
“Die agttal wat hulle gekies het, is ingestel op ’n fisieke stryd. Dit sal ’n wedstryd van twee uiteenlopende benaderings wees. Waar ons die spel vinnig wil maak en teen ’n hoë tempo meeding, sal die Bulle met hul swaar agttal die vaste fasette stadig wil maak en ons ritme so probeer versteur,” sê hy.
Benewens Fassi (skouer) is die flanke Henco Venter (kuit) en James Venter (harsingskudding), die haker Kerron van Vuuren (borsspier), die vleuel Madosh Tambwe (dyspier) en die Bok-vleuel Sbu Nkosi (bors) nie weens beserings oorweeg nie.
• Haaie se groep:
Voorspelers: Ox Nche, Mzamo Majola, Dylan Richardson, Dan Jooste, Thomas du Toit, John-Hubert Meyer, Ruben van Heerden, JJ van der Mescht, Hyron Andrews, Emile van Heerden, Evan Roos, Adam Mountford, Catempilo Gumede, Tera Mtembu, Sikhumbuzo Notshe, Phepsi Buthelezi.
Agterspelers: Grant Williams, Sanele Nohamba, Jaden Hendrikse, Curwin Bosch, Jordan Chait, Muller du Plessis, Caleb Dingaan, Jeremy Ward, Marius Louw, Lukhanyo Am (k), JP Pietersen, Werner Kok, Manie Libbok, Thaakir Abrahams.
– Netwerk24



FOTO
Die Blitsbok Werner Kok is in die Haaie se groep ingesluit vir Saterdag se wedstryd teen die Bulle op Loftus. Foto: Gallo Images

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!