Hall wys vernuf by Von Bach
Hengel
Die Namibiese Baarshengelvereniging (NBAA) het onlangs sy vierde nasionale toernooi vir die jaar by die Von Bachdam aangebied. Altesame 16 hengelaars op 15 bote het deelgeneem, wat vier juniors ingesluit het.
Die toernooi was nie maklik nie, met lae temperature wat aangedui het dat die winter goed op pad is. In die swak reënseisoen was die invloei in die dam ook laag, met die watervlak op omtrent 44 persent. Waarnemers is bekommerd oor die sport indien die patroon van swak reënseisoene volgende jaar voortduur.
’n Totaal van 34 visse is ingeweeg met ’n massa van 31.15 kilogram. Die gemiddeld van 0.916 kg per vis vergelyk heel gunstig met ander plekke in Suider-Afrika waar baarshengel beoefen word. Die NFBAA is nietemin bewus van die ongebelanseerdheid in die Von Bachdam se baarsbevolking en werk daaraan om dit te probeer regstel.
Die grootste vis vir die dag was 1.399 kg en is deur Duan Kotze uitgehaal.
Die swaarste sak vis was Andrew Hall se 6.142 kg – bykans drie kilogram swaarder as enigiemand anders.
Ondanks die junior deelnemers se moedige pogings kon geen van hulle ’n baars vang nie.
Die wenners was soos volg:
1 Andrew Hall vyf visse, 6.142 kg
2 Jacques Marais vyf visse, 3.437 kg
3 Duan Kotze vier visse, 3.657 kg
Woordvoerders van die NFBAA bedank Bank Windhoek vir sy volgehoue steun wat dit moontlik maak om hul geliefde sport te beoefen.
Die NFBAA se volgende geleentheid is sy jaarlikse gholf- en rolbaldag op Vrydag 7 Junie, waar geld ten bate van baarshengel in Namibië ingesamel word. Besighede word genooi om spanne vir die dag by Omeya in te skryf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie