Hamburg: Belangstelling in indringerbos 'amptelik'
Die meeste waardetoevoeging moet in Namibië geskied terwyl ekologiese en sosiale balanse in die bedryf ook moet plaasvind.
Elvira Hattingh – Die Duitse stad Hamburg oorweeg dit om van Namibië se indringerbos te gebruik om die opwekking van energie met fossielbrandstowwe gedeeltelik op te skort.
'n Ooreenkoms van wedersydse begrip hieroor is tussen dié twee regerings, asook nieregeringsorganisasies onderteken.
Volgens die Namibia Biomass Industry Group (N-BiG) se uitvoerende hoof, mnr. Progress Kashandula, is hierdie 'n belowende stap om bosbeheer en biomassaverbruik op groot skaal toe te pas.
Voorts sal ondersoek word hoe 'n betroubare en langtermynverskaffingsketting vir biomassa-aankope tot voordeel van alle betrokkenes geskep kan word.
Die meeste waardetoevoeging moet binne Namibië plaasvind en 'n groot deel van die bevolking moet hieraan deelneem.
ALTERNATIEF VIR STEENKOOL
Buiten vir maatskaplike aspekte moet die ekologiese balans vir produksie, vervoer en verbruik ook oorweeg word, lui 'n mediaverklaring deur N-BiG.
“Energie wat van Namibiese biomassa verwek word, kan help dat ons die gebruik van steenkool vir verhitting vinniger uitfaseer.
“Die voorwaarde is egter ons moet 'n maatskaplike en ekologiese balans in die verskaffingsketting verseker,” het mnr. Michael Pollmann, raadslid vir Hamburg se omgewings- en energie-owerheid, onlangs gesê.
Hamburg se dr. Ulf Skirke van die inisiatief Tschüss Kohle (Totsiens Steenkool) het beklemtoon 'n vennootskap moet op “gelyke voet” tussen Namibië en Hamburg gevorm word, wat perspektief kan bied op hoe die Duitse stad steenkool kan uitfaseer.
Hamburg se munisipaliteit het vroeër verlede maand in 'n verklaring gesê in Namibië, maar ook ander lande in Suider-Afrika, is bosindringing van savannas 'n ernstige ekologiese probleem.
“Die bosse, wat in té groot getalle toeneem, verwoes wilde diere se habitat, bedreig landbou en veroorsaak dat water uit die grond ontsnap en verdamp,” is gesê.
“Ondanks pogings om hierdie bosse plaaslik te benut, is die jaarlikse tempo van hergroei so vinnig, slegs 'n internasionale vraag en -verbruik kan met die probleem help. Plaaslike benutting is jaarliks net 'n klein gedeelte.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie