HAN-voorsitter op internasionale paneel
Die voorsitter van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), mnr. Rudie Putter, gaan vanaf 20 tot 24 Februarie 'n vergadering van die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) in Gèneve bywoon.
Hy is een van agt internasionale werkgewers wat op 'n paneel van deskundiges by dié vergadering gaan dien.
Die paneel van deskundiges gaan riglyne oor goeie werksomstandighede en maatskaplik verantwoordelike toerisme aanvaar.
Die doel van die vergadering is om die riglyne te hersien en te aanvaar om hotelle, die spysenieringsbedryf, toerismebedryf, belanghebbendes en maatskaplike vennote aan te moedig om verantwoordelike toerisme in terme van volhoubare ontwikkelingsdoelwitte en die ontwikkelingsagenda ná 2015 te bevorder.
Volgens die uitvoerende hoof van HAN, me. Gitta Paetzold, is agt werkgewerdeskundiges, agt regeringsdeskundiges en agt werkerkundiges na die vergadering uitgenooi.
Putter sal by die toptoerismekenners van Kroasië, Koeweit, Peru, Spanje, die Nederlande en Zambië aansluit om sienings van werkgewers op internasionale vlak te formuleer.
Putter is verlede jaar as HAN se Persoonlikheid van die Jaar aangewys.
Die deelnemers is gekies op grond van die kandidate se kwalifikasies, asook op 'n regverdige geografiese balans wat die Internasionale Organisasie van Werkgewers (IOE) se internasionale lidmaatskap weerspieël.
Die gekose werkgewerkandidate sal die geleentheid hê om hulself met die ILO vertroud te maak, asook met die werkmetodes en verskeie beleidsposisies van werkgewers, werkers en regerings op internasionale vlak.
Namibië se deelname is moontlik gemaak deur die Namibiese Werkgewersfederasie (NEF) wat al vir meer as 20 jaar saam met die ILO en die IOE werk.
Die sekretaris-generaal van die NEF, mnr. Tim Parkhouse, het dit goed gedink om HAN as lid van die NEF hierdie geleentheid te gee om internasionale riglyne oor goeie werksomstandighede en maatskaplike verantwoordelike toerisme te beïnvloed.
Volgens Paetzold word alle reiskoste en reëlings vir Namibië se deelname deur die ILO gedra.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie