Handel en Noord-Korea op sakelys
China
Pres. Donald Trump wil tydens sy tweedaagse besoek aan die land druk op China plaas oor handel en Noord-Korea.
Daar is verwag dat hy om die beurt die magtige land sal vly, heuning om die mond smeer en berispe.
Withuis-personeel beskou die besoek aan China as die belangrikste deel van sy lang besoek aan Asië. Trump sal teen China se pres. Xi Jinping te staan kom wat onderskraag voel deur 'n klinkende oorwinning en konsolidasie van mag ná die Chinese Kommunistiese Party se onlangse kongres.
Een onsekerheid vir Trump is of hy Twitter sal kan gebruik in China waar dié sosialemediaplatform verbied is. – Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie