Handelstryd gaan wu00eareld in 2019 knou
Handelstryd gaan wu00eareld in 2019 knou

Handelstryd gaan wêreld in 2019 knou

In Amerika kan 'n eskalasie van die handelsoorlog die ekonomie met sowat 0,25 van 'n persentasiepunt laat verminder.
Hanlie Stadler



Die spanning oor handel tussen Amerika en China gaan ­waarskynlik vererger en sal wêreld- ekonomiese groei in 2019 kniehalter.

Moody's Investors Service voorspel nou in sy kwartaallikse vooruitsig oor die wêreldekonomie G20-lande gaan in 2019 met 3,1% groei, effens traer as die 3,2% wat in Mei voorspel is. Vir 2018 word groei onveranderd gelaat op 3,3%.

Madhavi Bokil, 'n visepresident van Moody's, waarsku egter dat dié groeikoerse sal verlangsaam indien al hoe meer invoertariewe ingestel word.

Die tariewe kan ekonomiese groei in China met tussen 0,3 en 0,5 van 'n persentasiepunt verminder, maar China sal dit waarskynlik teenwerk met fiskale en monetêre beleid, soos laer rentekoerse en die verswakking van die joean.

Vir die oomblik hou Moody's sy Chinese groeiverwagting onveranderd op 6,6% vir 2018 en 6,4% vir 2019.

In Amerika kan 'n eskalasie van die handelsoorlog die ekonomie met sowat 0,25 van 'n persentasiepunt laat verminder. Vir eers word die groei­verwagting vir 2018 tot 2,9% verhoog en die verwagting vir 2019 word ­onveranderd op 2,3% gelaat.

“Op makrovlak sal die impak van 10%-invoertariewe op US$200 miljard se invoerprodukte beheerbaar blyk te wees vir sowel Amerika as vir China. Maar individue, maat­skappye, sektore en lande wat handel dryf volgens internasionale verskaffingskettings kan beduidende ontwrigting ervaar,” sê Bokil.

Moody's sê hoewel die wêreldekonomie betreklik veerkragtig bly, is daar tekens dat groeikoerse hul boonste draaipunt bereik het.

Ontluikende lande het heelwat winde van voor.

Geldeenhede is onder druk weens hoër rentekoerse in ontwikkelde lande en hoër oliepryse. Hulle word ook onregstreeks deur die handelsoorlog geraak. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!