• Tuisblad
  • Sport
  • Hangana skyn helder toe marathon se ster verskiet

Hangana skyn helder toe marathon se ster verskiet

Bruce Fordyce wil help om Namibiese langafstande op die kaart te plaas.
Des Erasmus
Des Erasmus



Die Lucky Star het verskiet, maar nuwe glans word nou verleen deur die Hangana Run & Ride wat in 'n wentelbaan om Namibië se langafstandatletiek beweeg. Op 7 Oktober gaan dit helder oor die sentrale kus se dorpe skyn wanneer die eerste opvolgbyeenkoms tussen Swakopmund en Walvisbaai onder die nuwe vaandel aangebied gaan word.

Die heropstanding van die land se grootste marathonbyeenkoms is Vrydag op Walvisbaai by die Hangana-visverwerkingsaanleg aangekondig. Ná twintig jaar is dit 'n vergroting van 'n byeenkoms wat in 1997 as baanbreker deur die Ovenstone-groep aangebied is en daarna oorgegaan het in die Lucky Star.

Die skilderagtige roete gaan soos altyd van Swakopmund tot op Walvisbaai strek met die gebaande weg wat tussen die see en die duine van die barre Namibwoestyn deur beur.

Dit is 'n drafpad wat reeds deur die beroemde Bruce Fordyce van Comrades-faam as enig in die wêreld bestempel is.

Dit is Fordyce se droom dat 'n byeenkoms soos die beroemde marathonlope van Londen en Boston nog hier aangebied gaan word. Eers dan gaan die heel beste uit Namibië se langafstandatlete gehaal kan word, sê hy.

Op 7 Oktober gaan daar soos verlede jaar ook fietsryers soos boodskappers in die duineveld se mis aan 'n fietsbyeenkoms op 'n roete van 106 km tussen Swakopmund en Walvisbaai deelneem. Alles nog pure Hangana Run & Ride.

Mnr. Herman Theron, die besturende direkteur van Hangana Seafood, 'n filiaalmaatskappy van die Ohlthaver & List-groep, het tydens Vrydag se inligtingsessie gesê dié woestynmarathon het die afgelope jare reeds deelnemers van buurlande soos Suid-Afrika en Botswana gelok.

Van oorsese lande was daar drawwers van Engeland, Amerika, Portugal, Spanje en Japan.

In antwoord op 'n vraag het Theron gesê Hangana se borgskap vir alles wat met die Hangana Run & Ride verband hou, beloop net minder as N$1 miljoen.

Vir marathondrawwers en fietsryers sal die eindpunt op 7 Oktober in die Walvisbaaise Jan Wilken-stadion wees as verwante byeenkoms aan die Walvisfees.

Die indeling van die Hangana Run & Ride vir drawwers is:

Volle marathon oor 42,2 km: Deelnemers bo 20 jaar, inskrywingsgeld N$100, wegspring om 06:00 by die pre-primêre skool Pro-Ed in Swakopmund se Vineta-buurt.

Halfmarathon oor 21,1 km: Drawwers bo 16 jaar, inskrywingsgeld N$100, beginpunt die kwadbasis by Langstrand, wegspringtyd om 07:00.

Pretloop oor 10 km: Deelnemers jonger as 12 jaar, inskrywingsgeld N$100, wegspringplek Jan Wilken-stadion, wegspringtyd 08:00.

Fietsryers, padwedren oor 105 km: Net deelnemers bo 17 jaar, inskrywingsgeld N$100, begin- en eindpunt Jan Wilken-stadion, wegtrek 06:30.

Wedrenne vir dikwielfietse en bergfietse oor 21 km: Net deelnemers bo 16 jaar, inskrywingsgeld N$100, begin- en eindpunt Jan Wilken-stadion, wegtrek 07:30.

Fietswedren oor 5 km: Net kinders jonger as 10 jaar: Inskrywingsgeld N$50, begin- en eindpunt Jan Wilken-stadion, wegtrek 07:30.

Organiseerder: Francois van der Merwe, sel. 085 122 0177.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!