Harleys en honde bring Kers-hoop

Motorfietsryers, geskenke vir kinders en geld vir diere was aan die orde van die vieringe.
Deon Schlechter - Twee byeenkomste verlede Saterdag het van die hoofstad ’n beter woonplek vir kinders en diere gemaak.

’n Brullende motorfietsbrigade van Live to Ride het kinderharte tydens die jaarlikse Toy Run verbly.

FNB Namibia het terselfdertyd N$200 000 tydens die Dierebeskermingsvereniging (DBV) se 70ste verjaardagviering by Eagle’s Nest langs Avisdam oorhandig.

Blaffende honde het die DBV se verjaardagkoek geniet en ’n groep kinders het by die Handle Bar se parkeerterrein na die vroeë Kersgeskenke geloer wat die manne op hul ysterperde aangery het.

Die Namibiese musikant, Savannah Collins, het die geleentheid ook bygewoon en restaurantbesoekers met ’n optrede bederf.

Volgens me. Hanna Rhodin, DBV-bestuurder en mnr. Christo de Klerk, president van Live to Ride, was die geleentheid ’n groot sukses.

“Ons het die afgelope ses maande na 1 170 kinders uitgereik met ons skoolprogramme, terwyl ons 16 personneellede jaarliks meer as 3 700 diere moet versorg. Maar ons moet ons kinders opvoed oor troeteldiere en die waarde daarvan om na ’n dier om te sien. Daarom is ons so dankbaar vir die verrassingsgeskenk van FNB op ons verjaardag,” het Rhodin gesê.

De Klerk se Live to Ride is sinoniem met die Toy Run, wat in die negentigs begin is.

“Ons ken almal die gevoel van ’n leë beursie lank voor die einde van die maand, maar ons lede en lede van ander motorfietsklubs steek elke jaar hande diep in die sakke om geskenke te koop vir kinders wat nie verstaan daar is nie geld vir geskenke nie. Ons is dankbaar vir al die motorfietsryers en hul gades se oop harte.

“Daar is niks mooier as om behoeftige kinders se stralende gesige te sien wanneer ons met hul geskenke opdaag nie. Ons bring ook ’n boodskap van hoop. Al gaan dit hoe sleg ekonomies is daar mense wat bereid is om wonderwerke te laat gebeur.

“Nes die DBV kinders leer om na troeteldiere om te sien, net so leer ‘n klomp mans en vroue in leerbaadjies en op motorfietse die waarde van saamstaan om doelwitte te bereik. Die boodskap is: Aan Namibiërs in nood van Namibiers wat omgee.”

Rhodin sê die FNB-geskenke kon nie op ‘n beter tyd gekom het nie. “Ons het al klaar meer as 350 diere op ons perseel en verwag die gebruiklike toestroming van diere binne die volgende twee weke.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!