Heelwat kleiner mielieoes in 2019 verwag
Vyf uit die sewe somergewasse sal vanjaar na verwagting heelwat laer oeste lewer.
William Horne – Vanjaar se witmielieoes gaan na verwagting 21,2% laer wees as in 2018, hoofsaaklik weens die uitwerking van die droogte.
Die Oesskattingskomitee het Woensdag sy eerste produksieskatting vir somergewasse in die 2019-oesjaar bekend gestel.
Hy verwag dat vyf uit die sewe somergewasse waarvoor hy ’n oesskatting gee, vanjaar heelwat laer oeste sal lewer.
Een van die kommerwekkendste syfers is dié van die mielieoes, wat na verwagting algeheel 16% laer as verlede jaar sal wees. Dié skatting sluit sowel wit- as geelmielies in, waar witmielies ’n stapelvoedsel is en geelmielies hoofsaaklik as dierevoer benut word.
Die eerste oesskatting is soos volg:
· Witmielies: 5 152 900 ton (21,2% laer)
· Geelmielies: 5 357 120 ton (10,3% laer)
· Sonneblomsaad: 563 590 ton (34,6% laer)
· Sojabone: 1 276 035 ton (17,1% laer)
· Grondbone: 20 100 ton (64,7% laer)
· Sorghum: 168 400 ton (46,4% hoër)
· Droëbone: 70 950 ton (2,3% hoër)
Die geraamde witmielieoes is heelwat laer ondanks ’n 2,4%-toename in die oppervlakte wat met dié gewas beplant is.
Die komitee maak sy tweede skatting vir somergewasse op 26 Maart bekend. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie