Heldin vereer
Denver Kisting – Die beampte wat verlede maand derduisende Namibiërs se harte aangegryp het toe sy ’n babameisie in die lewe help bring het, is gister vir haar heldedaad vereer.
Met ingang November – minder as ’n maand ná sy ’n vrou in ’n agterplaas die lewe help skenk het – is sy senior korrektiewe beampte Fabina Hangula.
Komm.genl. Raphael Hamunyela, hoof van korrektiewe dienste, het die aankondiging op ’n nuuskonferensie in Windhoek gemaak.
Video versprei soos veldbrand
’n Video op Republikein se Facebook-blad waarin Hangula in haar eie woorde vertel oor haar heldedaad op 9 Oktober is reeds meer as 40 000 keer gekyk.
Sy en ’n span van Operasie Kalahariwoestyn, die teenmisdaadveldtog, was op dié dag op patrollie deur Hakahana aan die buitewyke van die hoofstad.
Sy het toe die 20-jarige vrou gewaar wat reeds aktief in kraam was nadat sy uit ’n taxi geboender is.
Hangula het vertel sy het besef sy moet blitsvinnig optree omdat die baba se koms baie naby was. Sy was die enigste vrou op die skof en het haar manlike kollegas gevra om haar te verskoon, het sy vertel.
Sy het by die naaste huis ingestorm en gevra of sy van die agterplaas gebruik kon maak.
Daar het sy die vrou op ’n bed van kartondose laat lê wat sy uit ’n nabygeleë drom gehaal het.
Sy het ook haar hande met plastieksakke uit dieselfde drom bedek.
Binne ’n oogwink is ’n gesonde babameisie gebore.
Hangula het gesê sy was nog nooit vantevore by ’n bevalling betrokke nie.
Omdat sy self aan twee kinders geboorte geskenk het, “het ek geweet in hoeveel pyn sy was”.
Iemand het uit die huis ’n kombers gebring waarmee sy die baba bedek het tot die ambulans opgedaag het.
Die ma en baba is na wat verneem word gesond.
Die nederige beampte was gister oënskynlik ongeërg en effens ongemaklik oor die bohaai rondom haar.
Dit was eers toe joernaliste haar aanmoedig om vir foto’s te glimlag dat haar gesig ontspan het.
Haar kollegas het luid hande geklap toe Hamunyela die aankondiging gemaak het.
Gelukwensinge
Sedert die nuus van die bevordering rugbaar geword het, stroom gelukwensinge veral in die sosiale media in.
Shapwa Nepembe meen: “Ons benodig mense soos sy in ons land,” terwyl Vetaruhe Kandorozu sê: “Goeie gebaar en baie geluk.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie