Helingsaamtrek
Die Trauma Healing Network van Namibië, 'n liefdadigheidsorganisasie wat hom daarvoor beywer om landgenote te help om traumatiese gebeure in hul lewens te verwerk, het onlangs sy eerste suksesvolle "helingsaamtrek" op Otjiwarongo aangebied. Die algemene gevoel onder kursusgangers was die besef dat daar wel hulp is ná 'n traumatiese ervaring soos die afsterwe van 'n geliefde of 'n verandering buite jou beheer. Een van die kursusgangers het gesê sy besef nou wat trauma is, dat sy dit 'n naam moet gee en dat sy daardeur moet werk. "'n Mens moet leer om jou nie in so 'n situasie aan die mense om jou te onttrek nie, maar eerder leer hoe om dit te hanteer."
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie