Help mekaar
KEETMANSHOPER SKRYF:
Covid-19 se grendeltydperk word darem op ’n verwronge manier hanteer.
So moet skole gesluit word, besighede moet toemaak, finansiële instansies mag net ’n sekere hoeveelheid amptenare laat werk, net 'n sekere aantal kliënte mag ’n winkel of bank binnegaan, maskers moet op wees, hande moet ontsmet word voordat jy ’n gebou binnegaan en dan praat ek nie eens van die persoonlike besonderhede wat jy moet neerskryf voordat jy ’n gebou mag binnegaan nie.
Maar ry jy deur Tseiblaagte op Keetmanshoop, dan staan mense op mekaar in bondels sonder maskers!
Almal moet die reëls nakom, anders kan ook die mense wat ekstra versigtig is, aangesteek word Hoekom beweeg die polisie nie daar ook rond en beboet oortreders nie? Ons word dan beboet as jy nie ’n masker aan het nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie