Help ons dorpe op
Help ons dorpe op

Help ons dorpe op

Dani Booysen
Uit baie dorpe waar daar beweringe van swak bestuur en ernstige ongerymdhede bestaan, draai Rehoboth dalk van die meeste kere in die nuus.

Soveel so dat sommige lesers wat elders in Namibië woon, van tyd tot tyd keelvol oor hierdie voortgesette klagtes en onopgeloste probleme raak.

Weliswaar getuig hierdie gegewe dalk van ''n groter besorgheid oor dorpsake as wat in ander plaaslike owerhede en nedersettings bestaan.

Vrydag het personeel van Rehoboth se munisipaliteit gestaak weens salarisverhogings.

Nie lank terug nie is die dorp se water weens skuld aan Nam­Water afgesny en ''n openlike oorlog – wat in felheid toeneem – heers volgens alle indrukke onderling tussen sekere bestuurslede, asook tussen die bestuur en die dorpsraad.

Verskeie, ernstige klagte is aanhangig gemaak teen bestuurslede.

Nie almal is egter geskors om die afhandeling van ondersoeke in hul afwesigheid moontlik te maak nie, en dit lyk ook nie of daar noodwendig erns is om al hierdie ondersoeke as ''n saak van dringendheid af te handel nie.

Vir die tersake minister en die Hardapstreek se goewerneur om bloot te skerm dat hulle nie weet wat op Rehoboth aangaan nie, is nie aanvaarbare antwoorde nie.

Soos ook op ander dorpe kan streeksowerhede en die sentrale regering nie die hande in on­skuld was of water trap terwyl korrupsie na bewering gedy, inwoners benadeeel word en dienslewering in chaos verval nie.

Diepsnydende skoonmaak-­aksies moes lankal op Rehoboth en sommige ander dorpe plaasgevind het.

So sê ander

14 November 2016



Kerk se U-draai lei tot pyn



Die NG Kerk het verlede jaar op sy algemene sinode sy deur vir gay mense oopgemaak, net om dit verlede week weer toe te stoot.

Met die U-draai is die kerk nou weer terug by die abstrakte kerkspraak van die verlede met versigtige bewoordings, verskansings en ontwykings. Dit lyk asof die handhawing van ''n diskriminerende bestel geskied uit die vrees dat die “behoudendes” aanstoot sal neem en die kerk sal verlaat – sonder om die ironie te besef hoe daar aanstoot gegee word aan gelowiges wat die konserwatisme verstikkend ervaar en elders ''n spirituele tuiste vind.

Die dapper besluit van die sinode verlede jaar het geen ruimte vir geloofsuitlewing van enigiemand weggeneem nie. Trouens, dit het voortgebou op die Grondwet en het ruimte geskep vir geloofsuitlewing deur ''n gemeenskap wat baie lank uitgesluit was.

• DIE BURGER (NETWERK24)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!