Hengel keer terug na die ou weë
Die poorte van die hengelparadys van die wêreld is weer oop. Die herroeping van wysigings aan die viswet en ‘n voorlopige terugkeer na die ou bedeling het die voortbestaan van ‘n reeks plaaslike en internasionale byeenkomste met Hentiesbaai as basis verseker.
Die reddingsboei het van ‘n simpatieke minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, gekom ná verantwoordelike optrede deur veral drie instansies - die Namibiese Hengelunie, die Toerismevereniging van Hentiesbaai en die vereniging van bestaansvissers, Hanganeni van Hentiesbaai. Verset teen die nuwe en nou verwerpte verordeninge het ook die sosiale media laat gons.
Die terugkeer na die ou permitgelde van N$14 per maand (N$168 per jaar) het tot die redding van die hengelkompetisie van die Hentiesfees gekom. Juis die hengelkompetisie word as een van die ankers van die fees bestempel.
Ander kompetisies wat beveilig is, is die gewilde korporatiewe hengelkompetisie wat jaarliks teen die einde van Oktober en die begin van November met Hentiesbaai as basis aangebied word, ‘n toetsreeks teen Suid-Afrika op Namibiese bodem in die eerste dae van Desember en die jaarlikse Bonanza van die Penguin-hengelklub op 26 Desember.
Juis die toetsreeks teen Suid-Afrika is ‘n groot toerismebate vir die sentrale kus. Van die lede van die Suid-Afrikaanse spanne kom dae voor die reeks langs die Namibiese kus aan om hul vertroud te maak met vangtoestande en -tegnieke hier te lande. Die ganse toerismeketting van die grensposte op die roetes na Hentiesbaai word deur die toetsreeks bevoordeel.
‘n Beginsel van vang, meet, merk en terugplaas (“tag & release”) word in die groot kompetisies gevolg om die hengelbron te beskerm. Van hengelaars word verwag om elke haai aan die hoek versigtig terug in die see te plaas om die haaibron te laat voortleef.
Van hengelaars vir ontspanning word verwag om by die voorgeskrewe kwotas te hou. Word dit nie gedoen nie, stel oortreders hulle aan vervolging bloot. Ondermaat vis in besit van ‘n hengelaar is ook ‘n oortreding.
Trofeehengelaars van verre lande besoek die kusgebiede om Hentiesbaai jaarliks op soek na trofeevangste van veral bronshaaie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie