Hengelspan vestig hom as wêreldklas
Baarshengel
Met Namibië se heel eerste deelname aan die pas afgelope 13de wêreldkampioenskap in baarshengel, was die nasionale span heel tevrede om in 'n respektabele sewende plek uit 13 lande te kon eindig.
Die wêreldwye spogbyeenkoms vir die sport is op die Vaalrivier deur die Suid-Afrikaanse Baarshengelvereniging (SABAA) aangebied.
Elke span het drie bote met twee hengelaars elk in die veld gestoot vir die kompetisie wat oor 'n gebied van 52 kilometer op die rivier gehou is.
Deelnemers was hoogs beïndruk met die puik reëlings van die toernooi wat selfs eerstewêreldlande se vorige aanbiedings oortref het. Die mediadekking het selfs volledige regstreekse videostroom op prominente YouTube-kanale soos FLWFishing en Just Fishing ingesluit, wat elke deel van die hengelwêreld bereik het. Hengelaars en organiseerders was dus vol lof vir wat die SABAA onder leierskap van Craig Fraser vermag het.
Die Namibiese span het uit Alec Williams (kaptein), Jacques Marais, Max Pieper, Richard Grant, Anton de Wit, Ricardo Abrantes, Jurgen Geiger (reserwe) en André van Vuuren (bestuurder) bestaan.
Die Namibiërs se besluit om twee weke vooraf op die Vaalrivier te gaan oefen, het vrugte afgewerp met die ondervinding en plaaslike kennis wat goud werd was.
Ná twee amptelike oefendae het die kompetisie van drie dae begin. Die eerste kompetisiedag was egter die heeldag koud en reënerig en toestande op die Vaalrivier was dus veel anders as tydens die vorige oefensessies.
Die Namibiërs het nogtans nooit besgegee nie en elke boot het daarin geslaag om sy limiet vir die dag te vang. Namibië het dus die eerste dag in die algehele vyfde plek afgesluit – selfs voor die Amerikaners.
Toestande op die tweede dag was gunstiger, maar die verandering in die barometer en die bootverkeer wat visse ál meer sku maak, het meegebring dat hengelaars dit steeds nie maklik gehad het nie.
Met goeie spanwerk het die Namibiërs wel hul limiet in elke boot gehaal, maar 'n ongelukkige terugslag was dat een boot se swaarste vis gevrek het minute voordat dit ingeweeg sou word. Dit het Namibië tot agtste laat terugsak.
Op dag drie het die weersomstandighede verder verswak. Nogtans het die Namibiese bote hul sakke vol gevang en die dag in die vyfde posisie afgesluit, wat hul algehele plek in die toernooi op sewende te staan gebring het.
Namibië se beste boot (Max Pieper en Ricardo Abrantes) het in die individuele kompetisie in die vierde plek geëindig. Pieper se beste vangs van 2.26 kg was ook die vierde swaarste vis van die toernooi.
Die deelnemende lande se hengelspanne het soos volg geëindig: 1. Suid-Afrika, 2. VSA, 3. Italië, 4. Spanje, 5. Zambië, 6. Zimbabwe, 7. Namibië, 8. Duitsland, 9. Swaziland, 10. Mexiko, 11. Portugal, 12. Rusland, 13. Kroasië
Die NBAA spreek sy dank uit teenoor die Namibiese Federasie van Varswaterhengelaars (NFFA), die Namibiese Sportkommissie en alle borge wat dit moontlik gemaak het vir die nasionale span om op die wêreldtoneel te kon meeding.
Die spanlede bedank ook hul vroue en families vir die ondersteuning om dit 'n gedenkwaardige geleentheid te maak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie