'Henriëtte verbeeld uiters raak'
Die digter Henriëtte van Wyk span weer eens haar skryftalent in met die bundel 'n Bruin blaar tuimel wat in November vanjaar op die rakke sal verskyn.
Sy is gebore en getoë in Namibië, waar sy 33 jaar as onderwyser gewerk en verskeie vakke van graad 1 tot graad 12 aangebied het.
Sy is die stigter van die Waltons Griffel-skryfkompetisie wat leerlinge aanmoedig en uitdaag om hul Afrikaanse skryftalent te ontwikkel. Henriëtte tree ook as poësie-beoordelaar op. In haar lang loopbaan het sy al verskeie ATKV-toekennings ingepalm vir haar toewyding tot onderrig, sowel as vir haar digkuns.
Mense, musiek, Afrikaans en haikoes is haar passie, sê sy.
In 2016 is 'n digbundel uit haar pen, Padhaikoes uit Namibië, vrygestel. Van haar gedigte is in 2018 en 2019 in die afsonderlike Stemme uit Namibië-uitgawes opgeneem. Tydens die 2019 Windhoek Woordfees-skryfkompetisie het sy 'n tweede plek in die poësie-afdeling behaal.
“Henriëtte van Wyk verbeeld uiters raak (en nie sonder humor nie) die naderende wegtuimel vanaf dit wat ons lewe noem. Enersyds word daar oopkop vrede gemaak met die erosieproses. Andersyds verwonder die liriese spreker haar daaraan dat sy dit wat voorheen misterieus en onsienbaar was, juis nóú – vanweë die stadiger pas – kan uitken en geniet,” skryf dr. Chrisna Beuke-Muir, 'n senior lektor in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Namibië (Unam), en medestigter van die Windhoek Woordfees, oor 'n Bruin blaar tuimel.
Henriëtte se “woordvanger” word ten volle deur die bostaande stelling opgesom:
woordvanger
ek gooi die net blindelings in
sleep die woorde nes blink lywe op droë papier
om die brak te verlos
sodat sout in waardige kristalle
of swart of wit
selfs pienk gekaats word
vir onlawwe smaak, ontsmetting en preservering
woorde moet uiteindelik swart op wit lê
Die bundel is aanlyn op Minimal Press en Amazon teen N$220 beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie