Hepatitis E net 'in drie lande ter wu00eareld'
Hepatitis E net 'in drie lande ter wu00eareld'

Hepatitis E net 'in drie lande ter wêreld'

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Namibië is een van net drie lande ter wêreld waar 'n hepatitis E-uitbreking woed en die siekte voorkom.

Só sê dr. Kalumbi Shangula, minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS).

“Dit is 'n skande dat Namibië homself in dié liga bevind,” sê hy.

Die ander lande waarin die siekte voorkom, is volgens Shangula die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Suid-Soedan.

“'n Uitbreking is 'n ernstige openbare gesondheidsbedreiging en moet so hanteer word,” het die minister tydens die amptelike vieringe van Wêreldgesondheidsdag in Windhoek gesê.

Volgens Shangula begin die klop van hepatitis E by die individu.

“Dit begin by jou en my. Die doeltreffendste wapen teen die siekte is om jou hande te was ná jy die toilet besoek het, en voor 'n maaltyd,” sê hy.

Hy het gesê ontlasting in die ope moet stop.

Volgens Shangula het die siekte, wat tans in 12 landstreke woed, reeds 41 mense se lewens geëis, waarvan die meeste swanger vroue was.

Hy het 'n beroep op inwoners van die Khomasstreek gedoen om waaksaam te bly en goeie higiëne te handhaaf om die uitbreking te beheer.



XXXXXXXXX

Volgens hom is toeganklike primêre gesondheidsorg van goeie gehalte die basis vir universele gesondheidsdekking – vanjaar se tema vir Wêreldgesondheidsdag.

“Primêre gesondheidsorg behoort die eerste vlak van kontak met die gesondheidstelsel te wees waar individue, families en gemeenskappe die meeste van hul gesondheidsdienste ontvang. As kern beteken dit om te help om hul gesondheid te verbeter of hul welstand te handhaaf, eerder as om net 'n enkele siekte of toestand te behandel,” sê hy.

Shangula het beklemtoon dit is kostedoeltreffend en billik om gesondheidsdienste te lewer en help die land om vordering met betrekking tot universele gesondheidsdekking te maak.

Hy het gesê gesondheidswerkers het 'n belangrike rol om te speel omdat hulle 'n “voortgesette, vertroulike verhouding” met hul pasiënte het en hul gesondheidsgeskiedenis ken.

“Primêre gesondheidswerkers ken die tradisies, kulture en praktyke van hul gemeenskappe en dit maak hulle onmisbaar tydens 'n uitbreking of noodgeval.”

Shangula sê gesondheidsongelykhede met aangespreek word om 'n verskil te maak en op die pad na Visie 2030 en die land se volhoubare ontwikkelingsdoelwitte te vorder.

“Universele gesondheidsorg sal 'n werklikheid in ons leeftyd word. Die tyd om te begin, is nou.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!